Die Groot Mis in C mineur (Duits: Große Messe in c-Moll), K. 427/417a, is die algemene naam van die oonsetting van die mis deur Wolfgang Amadeus Mozart, wat as een van sy grootste werke beskou word. Hy het dit in 1782 en 1783 in Wene gekomponeer, ná sy huwelik, toe hy van Salzburg na Wene verhuis het. Die grootskaalse werk, 'n missa solemnis, is gekomponeer vir twee sopraan-, een tenoor- en een bassolis, dubbelkoor en groot orkes. Dit het onvoltooid gebly, en groot dele van die Credo en die hele Agnus Dei ontbreek.
Komposisie en eerste uitvoering Die werk is gedurende 1782–1783 gekomponeer. In 'n brief aan sy vader, Leopold, gedateer 4 Januarie 1783, het Mozart 'n gelofte genoem wat hy afgelê het om 'n mis te skryf wanneer hy sy destydse verloofde, Constanze, as sy vrou na Salzburg sou kon bring. Constanze het toe die "Et incarnatus est" by die première van die mis gesing.Einstein, A. 1953. Kirchenmusiek. Mozart. Sein Charakter, sein Werk [in Duits]. Stuutgart, bl. 362–403.
Die eerste uitvoering het op Sondag 26 Oktober 1783 (die twintigste Sondag ná Pinkster) in Salzburg plaasgevind.Mozart, W.A. 2006. Mass in C minor (Urtext). Holl, M. (voorwoord, en Thalman, G (vertaling). Kassel: Bärereiter-Verlag, bl. VII–X. Mozart het in 1781 na Wene verhuis, maar was op besoek aan sy tuisdorp in die geselskap van Constanze, wat nog nie sy vader of sy suster ( Nannerl) ontmoet het nie.
Die uitvoering het slegs uit die Kyrie, Gloria, Sanctus en Benedictus bestaan, soos wat die partye aandui wat nog behoue is, asook 'n partituurkopie van ongeveer 1800. Dit het plaasgevind in die Kerk van Sint Pietersabdy in die konteks van 'n Rooms-Katolieke mis. Mozart se suster se dagboek noem dat die musici die hele hoforkes, dit wil sê, al die musikante wat in diens was aan die hof van Salzburg se heerser, die prins-aartsbiskop Graaf Hieronymus von Colloredo – en dus Mozart se voormalige kollegas.Deutsch, O.E. 1965. Mozart: A documentary biography. Stanford, California: Stanford University Press, bl. 219. Daar was op 23 Oktober 1783 'n repetisie in die nabygeleë Kapellhaus.
Fragmentêre status
Die werk is onvolledig, en al die Credo-bewegings ná die aria "Et incarnatus est" ontbreek (boonop is die orkestrasie van die enigste twee oorblywende Credo-bewegings is onvolledig). Die Agnus Dei ontbreek in geheel. Die Sanctus en die Benedictus is gedeeltelik verlore en benodig redaksionele rekonstruksies. Daar is heelwat spekulasie oor waarom die werk onvoltooid gelaat is. Vir die doeleindes van moderne uitvoerings, is die beskikbare uitgawes en voltooiingspogings soos volg:
Georg Alois Schmitt (1901, Breitkopf & Härtel) H. C. Robbins Landon (1956, Eulenburg), Helmut Eder (1985, Bärenreiter) Franz Beyer (1989, Amadeus/Edition Peters) Richard Maunder (1990, Oxford University Press/Carus-Verlag), Philip Wilby (2004, Novello) Robert Levin (2005, Carus-Verlag) Frieder Bernius & Uwe Wolf (2016, Carus-Verlag) Clemens Kemme (2018, Breitkopf & Härtel) Ulrich Leisinger (2019, Bärenreiter).
Die voltooiings deur Landon, Eder, Beyer, Maunder en Kemme poog om bloot die ontbrekende orkestrasie en koorparty in die Credo en Sanctus in te vul, terwyl die voltooiings deur Schmitt, Wilby en Levin poog om die werk te voltooi deur óf bewegings uit ander misse te gebruik óf nuwe musiek vir die Credo en Agnus Dei te komponeer deur die gebruik van parodie of periodesketse deur Mozart. Benjamin-Gunnar Cohrs (Musikproduktion Höflich) bied slegs 'n volledige Credo en Agnus Dei aan. IN die geval van die Credo beteken dit 'n voltooiing van die orkestrasie van "Credo in unum Deum" en die "Et incarnatus est" en bykomende musiek vir die res van die Credo. Hierdie uitgawe is dus bedoel om in kombinasie met enige ander weergawe van die Mis gebruik te word. Robert Xavier Rodriguez het ook die Agnus Dei voltooi.
Mozart het later die musiek uit die Kyrie en Gloria in die kantate Davide penitente, K. 469 hergebruik – buiten vir die teks byna identies. Vir die kantate het Mozart twee nuwe arias en 'n cadenza bygevoeg vir die fuga wat die werk afsluit.
Struktuur Die orkes bestaan uit 1 fluit (slegs gebruik in die "Et incarnatus est"), 2 hobo's, 2 fagotte, 2 horings, 2 trompette, 3 trombone, timpani, orrel en strykinstrumente.
Invloed Die werk vergestalt prag en plegtigheid wat met die Salzburg-tradisies van die tyd geassosieer word, maar dit antisipeer ook die simfoniese misse van Joseph Haydn in die afwisseling van soliste en koor. Die mis toon die invloed van Bach en Handel, wie se musiek Mozart destyds bestudeer het (sien Gottfried van Swieten ).Mozart, W. A. (2006). Mass in C minor (Urtext). Holl, Monika (preface), Thalmann, Gabriele (transl.). Kassel: Bärenreiter-Verlag. pp. VII–X. ISMN M-0006-20223-2
Op 20 Augustus 2016 is die weergawe wat deur Helmut Eder gerekonstrueer is, vir die eerste keer as deel van die Proms-reeks in die Royal Albert Hall opgevoer deur die BBC Scottish Simfonieorkes en BBC Simfoniekoor onder leiding van Ilan Volkov. Die soliste was Louise Alder, Carolyn Sampson, Benjamin Hulett en Matthew Rose.
Diskografie
Ferenc Fricsay, Berlynse Radiosimfonieorkes, die koor van die Sint Hedwigskatedraal in Berlin, en Maria Stader, Hertha Töpper, Ernst Haefliger en Ivan Sardi. Etiket: Deutsche Grammophon, 1959 Sir Colin Davis, Londense Simfonieorkes, Londense Simfoniekoor, en Helen Donath, Heather Harper, Ryland Davies en Stafford Dean. Etiket: Philips Classics, Februarie 1971Mozart: Great choral works. Philips. Raymond Leppard, New Philharmonia Orchestra, John Alldis-koor, en Ileana Cotrubaș, Kiri Te Kanawa, Werner Krenn en Hans Sotin. Etiket: EMI, 1974 Sir Neville Marriner, Academy and Chorus of St. Martin in the Fields, en Margaret Marshall, Felicity Palmer, Anthony Rolfe Johnson en Gwynne Howell. Etiket: Philips, 1979 Herbert von Karajan, Berliner Philharmoniker, Wiener Singverein, en Barbara Hendricks, Janet Perry, Peter Schreier en Benjamin Luxon. Etiket: Deutsche Grammophon, 1981 John Eliot Gardiner, English Baroque Soloists, Monteverdi Choir, en Sylvia McNair, Diana Montague, Anthony Rolfe Johnson en Cornelius Hauptmann. Etiket: Archiv, November 1986 Robert Shaw, Atlanta Simfonieorkes en -koor, en Edith Wiens, Delores Ziegler, John Aler en William Stone. Etiket: Telarc, 1988 Peter Neumann, Collegium Cartusianum Orchestra, Keulse Kamerkoor, en Barbara Schlick, Monika Frimmer, Christoph Prégardien en Klaus Mertens. Etiket: EMI Electrola, November 19–22, 1989 Peter Schreier, Staatskapelle Dresden, Rundfunkchor Leipzig, en Barbara Hendricks, Pamela Coburn, Hans Peter Blochwitz en Andreas Schmidt. Etiket: Philips Classics, Januarie 1988 en 1989. Claudio Abbado, Berliner Philharmoniker, Berlynse Radiokoor, en Barbara Bonney, Arleen Auger, Hans Peter Blochwitz en Robert Holl. Etiket: Sony, 1991 Claudio Abbado, Weense Filharmoniese Orkes, en Jerry Hadley, Karita Mattila, Jorge Pita. Etiket: Deutsche Grammophon, 2016 Leonard Bernstein, Beierse Radiosimfonie-orkes en -koor, en Arleen Augér, Frederica von Stade, Frank Lopardo en Cornelius Hauptmann. Etiket: Deutsche Grammophon 431 791–2, 1991 Version of Richard Maunder: Christopher Hogwood, Academy of Ancient Music, Westminster College Quiristers, Winchester Cathedral Choir, en Arleen Augér, Lynne Dawson, John-Mark Ainsley en David Thomas. Etiket: L'Oiseau-Lyre, 1990 Sir Neville Marriner, Academy and Chorus of St. Martin in the Fields, Kiri Te Kanawa, Anne Sofie von Otter, Anthony Rolfe Johnson, Robert Lloyd. Etiket: Philips Classics, Maart 1993. James Levine, Weense Filharmoniese Orkes en -koor, en Kathleen Battle, Martin Haselböck en andere. Etiket: Deutsche Grammophon, 1998 Masaaki Suzuki, Bach Collegium Japan se instrumentele en vokale ensembles, en Christian Immler, Makoto Sakurada, Carolyn Sampson en Olivia Vermeulen. Etiket: BIS Records, 2016
Videografie
Leonard Bernstein, Beierse Radiosimfonieorkes en -koor, en Arleen Auger, Frederica von Stade, Frank Lopardo en Cornelius Hauptmann. Etiket: Deutsche Grammophon, 2006
Verwysings
Bronnelys
Verdere leeswerk Black, D. 2007. Mozart and the practice of sacred music, 1781–91". Ongepubliseerde PhD-verhandelingdissipline. Boston: Harvard Universiteit, bl. 84–126. Solomon, M. 1995. Mozart: a life. HarperCollins.
Kategorie:Artikels met bronne in Duits (de) Kategorie:Vertaalde bladsye wat nagegaan moet word