Die Brasiliaanse nasionale vrouerugbyspan (Portugees: Seleção Brasileira de Rugby Union Feminino) is die nasionale vrouerugbyspan wat Brasilië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam As Yaras (Portugees vir: “die Yara’s”) na die gelyknamige wese uit die Brasiliaanse mitologie. Rugby word in Brasilië geadministreer deur die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Confederação Brasiliera de Rugby, CBRu) wat in 1963 gestig is. Brasilië word as die derde beste vrouerugbyspan in die Amerikas beskou (ná die Verenigde State en Kanada). Die Brasiliaanse vrouerugbyspan is tans (September 2025) 25ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Brasilië het in 2008 sy eerste toetswedstryd teen Nederland gespeel. In 2024 het Brasilië vir die eerste keer vir die vrouerugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee die eerste Suid-Amerikaanse land geword wat daarin kon slaag; hulle het egter tydens die 2025-toernooi al hul groepwedstryde verloor. Brasilië speel tradisioneel in geel truie met groen kleuraksente, groen broeke en groen sokkies.

Beheerliggaam

Die beheerliggaam vir rugby in Brasilië is die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Portugees: Confederação Brasileira de Rugby, CBRu). Die beheerliggaam is in 1963 onder die naam Brasiliaanse Rugbyunie (União de Rugby do Brasil, URB) gestig en in 1970 in Brasiliaanse Rugbyvereniging (Associação Brasileira de Rugby, ABR) hernoem; in 2010 het die beheerliggaam sy huidige naam aangeneem. In 1995 het die Brasiliaanse beheerliggaam ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was die Brasiliaanse beheerliggaam in 1988 ’n stigtingslid van CONSUR (nou Suid-Amerika Rugby).

Geskiedenis Oorsprong Die eerste gedokumenteerde vrouerugywedstryd in Brasilië is in 1987 tydens die tradisionele sewesrugbytoernooi by die São Paulo-atletiekklub gehou. Die meeste spelers was vriendinne of susters van die mans en het hulle vir wedstryde en oefensessies begelei. Op Vrouedag 1997 is nog ’n wedstryd by die Desterro Rugbyklub in Florianópolis gespeel. Die voormalige kaptein van die nasionale span, Maria Mikaella, wat ook in dié wedstryd verskyn het, deel haar ervarings:

In 2008 het Brasilië sy eerste toetswedstryd teen Nederland gespeel. Die span is eers in 2019 weer byeengeroep vir ’n toer na Colombia, gelyk aan hul eerste ontmoeting met ’n ander Suid-Amerikaanse span. In 2020 het die Brasiliane tydens die eerste vrouerugbywêreldbekerkwalifiseringswedstryd in Medellín weer die Colombiane ontmoet, maar hulle is met 23–19 geklop.

Verdere ontwikkeling In 2023 het Brasilië tydens die 2025-vrouerugbywêreldbekerkwalifisering toetswedstryde teen Colombia gespeel. Suid-Amerika Rugby het, befonds deur Wêreldrugby, die streek se eerste toernooi van stapel gestuur, die Amerikas Rugbytrofee 2023 in Junie in Brasilië. Tydens dié toernooi het die Brasiliane die Colombiane en ’n Amerikaanse jeugspan ontmoet.

Op 5 en 9 Julie 2023 het Brasilië in Medellín weer Colombia ontmoet in ’n uitspeelwedstryd vir die WXV 3. Die span kon sy eerste oorwinning ooit aanteken, toe hulle Portugal met 10–7 kon klop, daarbenewens was dit die eerste toetswedstryd teen ’n Europese opponent in 15 jaar.

Eerste wêreldbekerdeelname duimnael|Groepwedstryd tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 tussen Brasilië en Italië Op 29 Junie 2024 het die Brasiliane geskiedenis gemaak, toe hulle die eerste Suid-Amerikaanse span geword het wat vir die vrouerugbywêreldbekertoernooi kon kwalifiseer. Dit nadat hulle in Asunción, Paraguay, die Colombiane vir die eerste keer kon klop, waarvolgens hulle tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025 in Engeland hul eerste verskyning gemaak het. Ná hul 34–13-oorwinning oor Colombia het Brasilië van die 51ste tot die 39ste plek op Wêreldrugby se wêreldranglys se ranglys gevorder, hul destyds beste plek. Daarmee was vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis elke vasteland deur minstens een nasionale span verteenwoordig. Ná Kanada en die Verenigde State was die Brasiliane die derde span van die Amerikas. Daarbenewens was Brasilië ná Argentinië, Chili en Uruguay (almal by die mansrugbywêreldbekertoernooi) die vierde Suid-Amerikaanse land wat aan ’n rugbywêreldbeker deelgeneem het. Tydens die toernooi in Engeland het die Brasiliane vir die eerste keer Suid-Afrika, Frankryk en Italië ontmoet, maar drie swak nederlae gely.

Kleure, embleem en bynaam Brasilië speel tradisioneel in ’n geel trui met groen kleuraksente, groen broeke en groen sokkies. Hul alternatiewe trui is groen met wit kleuraksente, wit broeke en groen sokkies.

Die beheerliggaam Brasiliaanse Rugbykonfederasie se kenteken, wat ook op die trui verskyn, toon ’n rugbybal tussen twee doelpale op ’n geel agtergrond met die afkorting CBRu daarbo.

Die span se bynaam is As Yaras (Portugees vir: “die Yara’s”) na die gelyknamige wese uit die Brasiliaanse mitologie.

Toetswedstryde Brasilië het 5 van sy 20 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 25,00%. Brasilië se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 8 2 6 0 25,00 1 0 1 0 0,00 1 0 1 0 0,00 5 1 4 0 20,00 3 2 1 0 66,67 1 0 1 0 0,00 1 0 1 0 0,00Algeheel 20 5 15 0 25,00

Rekords Wêreldbekerrekord Brasilië het tot dusver vir een rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer. Hulle is tydens die 2025-toernooi egter sonder ’n oorwinning in die groepfase uitgeskakel.

Jaar Uitslag 1991 Nie deelgeneem nie 1994 Nie deelgeneem nie 1998 Nie deelgeneem nie 2002 Nie deelgeneem nie 2006 Nie deelgeneem nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Groepfase 2029 2033

Spelers Huidige span Die volgende spelers het die span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:

+ Agterspelers (zagueros) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Aline Mayumi Koeke Skrumskakel Pasteur 11 Leila Cássia Silva Skrumskakel Leoas de Paraisópolis 3 Luiza Campos Skrumskakel Charrua 10 Fernanda Tenório Losskakel Elshaddai 8 Maria Gabriel Graf Losskakel Brothers Rugby Club 4 Raquel Kochhann Losskakel Charrua 6 Carolyne Katrine Pereira Senter Melina 3 Edna Santini Senter São José 9 Mariana Nicolau Senter São José 3 Marina Fioravanti Senter Poli 5 Giovanna Barth Vleuel Maringá 4 Bianca Silva Vleuel Leoas de Paraisópolis 3 Isadora Lopes de Souza Vleuel Melina 7 Yasmim Soares Heelagter Melina 3+ Voorspelers (atacantes) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Isabela Gomes Saccomanno Haker São José 9 Júlia Leni Lima Haker Curitiba 12 Natália Jonck Haker Brothers Rugby Club 2 Franciele Barros Stut Sporting 11 Giovana Mamede Stut Jacareí 2 Pâmela Soares Santos Stut Charrua 4 Samara Vergara Stut Pasteur 8 Taís Prioste Stut Bobigny 10 Ana Carolina Santana Slot Melina 4 Dayana Dakar Slot Niterói 9 Eshyllen Coimbra 15px|Kaptein Slot Cobras 14 Camilla Ísis Carvalho Losvoorspeler Elshaddai 3 Íris Coluna Losvoorspeler Poli 8 Larissa Carvalho Losvoorspeler Curitiba 8 Larissa Henwood Lima Losvoorspeler Counties Manukau 6 Letícia Medeiros Losvoorspeler Jacareí 9 Letícia Silva Losvoorspeler Melina 5 Marcelle Souza Losvoorspeler Elshaddai 4

Bekende spelers Tot dusver is nog geen Brasiliaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.

Sien ook

Brasiliaanse nasionale rugbyspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Brasiliaanse Rugbykonfederasie Brasilië by Wêreldrugby Brasiliaanse rugbynuus

Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Brasilië