La Dolce Villa is 'n Amerikaanse romantiese komedie met Mark Waters as regisseur. Die hoofakteurs is Scott Foley, Violante Placido en Maia Reficco. Die prent is op 13 Februarie 2025 deur Netflix uitgereik.

Storielyn

Die Amerikanse wewenaar van iets in die 50 Eric Field reis na Italië om sy dogter te keer om 'n villa vir een euro te koop en te restoureer, en so haar erfgeld uit te mors. Eric is 'n sake-eienaar van Ohio wie se maatskappy steun verskaf aan restaurante. Om na huise op die dorp Montezara kyk, ontmoet hulle Montezara se burgemeester, Francesca. Die munisipaliteit verkoop huise vir een euro om nuwe bloed na die dorp te lok.

Die Fields hou nie van die eerste drie huise wat hulle sien en wat beskikbaar is nie, maar wel van die vierde een, wat nog nie amptelik beskikbaar is nie. Daar onthul Liv dat Eric 'n opgeleide sjef is. Nadat hulle ooreengekom het om die vierde huis te koop, kontak hy Zola by sy maatskappy om haar in te lig hy gaan vir 'n maand in Italië bly. Dié aand loop Eric vir Francesca en Bernardo raak. Laasgenoemde is 'n opnemer wat toesig hou oor enige bouprojekte. Ondanks sy beswaar, pleit Francesca by hom om haar plan met die eeneurohuise te steun.

Terwyl die restourasiewerk vorder, probeer Eric oorneem, maar Liv staan haar man teen hom. Hulle ontdek pragtige klipvloere, sowel as 'n egte steenpizzaoond en 'n skoorsteen. Terwyl Eric vir Nino, die kontrakteur, help om ou pype te verwyder, vind hy uit Francesca se man is vyf jaar tevore oorlede. Liv dring ná 'n maand daarop aan dat Eric teruggaan Ohio toe en hulle gaan eet hulle laaste aand saam uit. Giovanni is die plaaslike sjef wie se toenadering sy voortdurend verwerp. Eric spoor almal, insluitende Francesca en Bernardo, aan om die idee te steun om die kombuis uit te brei en Liv te help om die villa in 'n kosskool te omskep, wat die plaaslike ekonomie 'n hupstoot sal gee. Daarvoor gaan hy nog 'n maand bly. Eric vra Giovanni om deel te neem en spoor Liv aan om hom te oorweeg, omdat hy so ervare is. Intussen raak Eric en Francesca romanties betrokke, maar sy hou vol hulle verhouding moet professioneel bly.

Liv onthul Nino het haar gehelp om 'n jaar lange vakmanskap vir binnenshuise versiering in Rome te kry, en hy onthul dat hy Francesca begin sien het. Bernardo sien Eric en haar saam, en is woedend. Probleme duik op toe Bernardo by die opening van die fresko van die toekomstige kosskool saam met die Longo's van Amerika daar opdaag. Hy beweer hulle is die regmatige eienaars van die villa. Die man se voorouer, Leoni, is van die dorp. Eric bied die villa aan die paartjie indien hulle vir die restourasie betaal.

Eric gaan na die treinstasie om na Ohio terug te keer, net toe Francesca en 'n span plaaslike inwoners ontdek die Longo's is afstammelinge van die Leones, 'n ander familie as die Leoni's, wat verbind word met 'n ander ou huis. Sy jaag stasie toe om hom te ontmoet, en hulle verklaar hulle liefde vir mekaar.

Hoofakteurs Scott Foley as Eric Violante Placido as Francesca Maia Reficco as Olivia Giuseppe Futia as Giovanni Simone Luglio as Nino

Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die prent 'n goedkeuringsyfer van 75% gehad, met 'n gemiddelde punt van 5,1 uit 10. Op Metacritic het dit 'n punt van 44 uit 100 geky, wat dui op 'n "gemiddelde of gemengde" ontvangs.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprente