Die Duitse nasionale vrouerugbyspan (Duits: Deutsche Frauen-Rugby-Union-Nationalmannschaft) is die nasionale vrouerugbyspan wat Duitsland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Duitsland geadministreer deur die Duitse Rugbybond (Duits: Deutscher Rugby-Verband, DRV) wat in 1900 gestig is. Die Duitse vrouerugbyspan is tans (Junie 2025) 21ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.
Duitsland het in 1989 sy eerste toetswedstryd teen Swede gespeel. Duitsland het tot dusver aan twee vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en tydens die 1998-toernooi met die 14de plek sy beste prestasie behaal. Hulle het tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap nog geen titel ingepalm nie, twee keer as naaswenner en twee keer in die derde plek geëindig. Duitsland speel tradisioneel in swart truie met swart broeke en swart sokkies.
Beheerliggaam
Die beheerliggaam vir rugby in Duitsland is die Duitse Rugbybond (Duits: Deutscher Rugby-Verband, DRV) met sy hoofkantoor in Heidelberg. Die DRV is op 4 November 1900 gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens is die DRV ’n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa).
Geskiedenis Die Duitse Rugbybond se nasionale vrouespan is in 1989 byeengeroep. Hulle het op 14 Oktober dieselfde jaar in Wes-Berlyn in hul eerste toetswedstryd teen Swede te staan gekom en is met 8–0 geklop.
In teenstelling met die nasionale mansrugbyspan kon die vroue reeds nege jaar na hul verskyning aan ’n vrouerugbywêreldbekertoernooi deelneem: in Mei 1998 in Amsterdam. Nadat hulle reeds in Augustus 1997 in Hürth teen Engeland en in November in Hamburg teen Ierland te staan gekom het, het hulle in Nederland Nieu-Seeland, Wallis, Italië, Swede en die gasvroue ontmoet. Binne twee jaar kon die vroue kragte meet met vername rugbylande wat die Duitse mans in meer as 70 jaar nooit ontmoet het nie. Hul nederlae was dienooreenkomstig swak: ’n 0–84 teen Engeland, ’n agbare 6–32 teen Ierland, ’n 6–134 teen Nieu-Seeland en ’n 12–55 teen Wallis.
Tydens hul tweede Vrouerugbywêreldbekerdeelname in Mei 2002 in Barcelona het die Duitse vroue weer al hul vier wedstryde verloor: in die groepfase met 0–117 teen Nieu-Seeland en met 0–77 teen Wallis (om die derde groepplek), in die tussenrondte met 0–18 teen Ierland en in die uitspeelwedstryd om plek 15 naelskraap met 19–20 teen Nederland.
Tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap in April 2005 in Hamburg het die Duitse vrouerugbyspan in die halfeindstryd op 7 April teen Italië met 0–52 en in die bronseindstryd twee dae later teen Swede met 5–17 vasgeval. Daarna is die vrouespan om finansiële redes ontbind. Reeds voor die Duitse Rugbydag 2006 (algemene vergadering van die Duitse Rugbybond) is dié besluit deels teruggeneem en met die ontwikkelingsplan vir die Duitse vrouerugby is die grondslag vir ’n heropbou geleë. Van 10 tot 15 April 2007 het die nasionale span aan die Europese Vrouerugbykampioenskap se tweede vlak in België deelgeneem.
In 2010 is die nasionale span se speelprogram ná hul deelname aan die Europese Trofee 2010 voorlopig beëindig. Al die personele en finansiële hulpbronne is toe aan die nasionale sewesrugbyspan oorgeplaas.
In 2012 en 2013 het ’n nieamptelike nasionale vrouerugbyspan België ontmoet. Teen middel 2015 is ’n, deur die vroueligaklubs ondersteunde, privaat befondse keurspan van stapel gestuur, veral met die doel om die beheerliggaam aan te moedig om weer ’n nasionale span saam te stel. Die “G15” genoemde span kon in sy eerste wedstryd die Switserse nasionale span met 47–13 klop.
Op 16 April 2016 kon die DRF die Duitse beheerliggaam oortuig om die nasionale vrouerugbyspan weer saam te stel, aanvanklik beperk op twee jaar. Die DRV wou ná dié twee jaar die span se prestasie en finansiële lewensvatbaarheid evalueer. In Mei 2016 is Alfred Jansen en Marcus Trick as afrigtingsspan benoem. In sy eerste wedstryd kon die vroue die Switserse nasionale span met 36–0 klop.
Trui en kenteken Duitsland speel tradisioneel in ’n swart trui met swart broeke en swart sokkies. Hul alternatiewe trui is wit met wit broeke en wit sokkies.
Die beheerliggaam Duitse Rugbybond se kenteken toon die woord rugby met die belettering Deutscher Rugby Verband in Duitse onder die nasionale kleure swart-rooi-goud, met die afkorting DRV links aan in ’n gestileerde rugbybal.
Toetswedstryde Duitsland het 18 van sy 64 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 28,13%. Duitsland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Junie 2025):
Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 4 3 1 0 75,00 1 1 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 2 2 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 3 0 3 0 0,00 7 0 7 0 0,00 4 1 3 0 25,00 1 1 0 0 100,00 17 1 16 0 5,89 2 0 1 0 0,00 3 3 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 10 3 7 0 30,00 2 0 2 0 0,00 2 2 0 0 100,00 2 0 1 0 0,00Algeheel 64 18 45 1 28,13
Rekords Wêreldbekerrekord Duitsland het tot dusver vir twee vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer. Hul beste prestasie was die 14de plek tydens die 1998-toernooi
Jaar Uitslag 1991 Nie deelgeneem nie 1994 Nie deelgeneem nie 1998 14de plek 2002 16de plek 2006 Nie deelgeneem nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Nie gekwalifiseer nie 2029 2033
Europese Vrouerugbykampioenskap Duitsland neem aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deel. Hulle het sedertdien nog nie ’n toernooi gewen nie.
Spelers Huidige span Die volgende spelers het die span gevorm tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap 2024/25:
+ Agterspelers (Hintermannschaft) Speler Posisie Annika Nowotny Skrumskakel Charlotte Malaizier Losskakel Johanna Hacker Senter Mette Zimmat Senter Steffi Gruber Vleuel Sarah Hiltrud Piepkorn Vleuel Sophie Hacker Heelagter Emilia Hacker Heelagter Ronja Hinterding Heelagter Paula Schult Heelagter+ Voorspelers (Stürmer) Speler Posisie Emma Dehnert Haker Mareike Bier Stut Luise Lauter Slot Salome Trauth Slot Muriel Weigel Losvoorspeler Joy Weatherspoon Losvoorspeler Yusra Abdelkarim Agsteman Amelie Harris Voorspeler Melissa Paul Voorspeler Nina Schäfer Voorspeler Annika Solveig Bergemann Voorspeler Esther Tilgner Voorspeler
Bekende spelers Tot dusver is nog geen Duitse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.
Sien ook
Duitse nasionale rugbyspan
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf van die Duitse Rugbybond TotalRugby.de Rugbygemeenskap met omvattende statistieke oor die nasionale span en sy spelers Duitsland by Wêreldrugby
Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Duitsland