Diosma tenella is 'n klein struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap by De Hoop en in die Langeberg tussen Heidelberg en Albertinia voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4239 km² en daar is vyf tot sewe bevolkings oor. Hulle word bedreig deur indringerplante, ontwikkeling en gewasverbouing. Die spesie is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sambi Plants of the World

tenella Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika