Diosma aristata is 'n struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap by Mosselbaai voor. Daar is tans een gefragmenteerde bevolking oor wat uit minder as 250 plante bestaan. Die een gedeelte van die bevolking van ongeveer 140 plante groei in 'n klein munisipale reserwe en dié habitat is stadig maar seker besig om te verdwyn. Die ander plante kom in 'n private golflandgoed voor en hulle word bedreig deur indringerplante en te min veldbrande. Die plant is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sambi Plants of the World

aristata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika