Diosma pedicellata is 'n klein tot groot struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf die Bokkeveldberge tot by Valsbaai voor. Die plant is deel van die fynbos. Die bevolking se getalle het reeds met 25% verminder weens habitat wat afgestaan is aan die verbouing van rooibos, aartappels en indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sambi Plants of the World
pedicellata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika