Wahagn Garniki Chatsjatoerjan (Armeens: Վահագն Գառնիկի Խաչատուրյան; gebore 22 April 1959) is 'n Armeense politikus wat die vyfde en huidige president van Armenië is. Hy het van 1992 tot 1996 as die burgemeester van Jerewan gedien en van 2021 tot 2022 as die Minister van Hoë-Tegnologiebedryf.Decrees of the President of the Republic
Hy was 'n lid van die politieke party Haj Azgajin Kongres (Armeense Nasionale Kongres) tot sy bedanking in 2017. Hy het die ANK-lys in die 2013-stadsraadsverkiesing van Jerewan gelei en is tans 'n onafhanklike.
Presidentskap duimnael|links|Wahagn Chatsjatoerjan en Wladimir Poetin in Sint Petersburg, 16 Junie 2022. Ná die bedanking van die president van Armenië, Armen Sarkissian, in Januarie 2022, het die regerende Burgerlike Kontrakparty Chatsjatoerjan vir die presidentskap genomineer. Hy is deur die Armeense parlement in die tweede ronde van die stemming tot president verkies en op 13 Maart 2022 ingehuldig.
In Junie 2022 het hy die Sint Petersburg Internasionale Ekonomiese Forum besoek tydens die forum se 25ste aar-herdenking in Sint Petersburg, Rusland.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Armeense politici