Die Sinfonia concertante vir viool, altviool en orkes in E-mol-majeur, KV. 364 (320d), is deur Wolfgang Amadeus Mozart gekomponeer.

Mozart het die werk in 1779 gekomponeer toe hy op toer was, 'n besoek aan Mannheim en Parys ingesluit het. Hy het met die sinfonia concertante-genre geëksperimenteer, en hierdie werk kan as sy suksesvolste verwesenliking in hierdie kruisgenre tussen simfonie en concerto beskou word.

Instrumentasie Die stuk is in drie bewegings vir soloviool, soloaltviool, twee hobo's, twee Franse horings en strykers gekomponeer. Mozart het boonop twee partye aan die altviole gegee, wat vir die werk se ryk harmonieë verantwoordelik is.

Die soloaltvioolparty is in D-majeur pleks van E-mol-majeur geskryf, maar die altviool is 'n halftoon hoër gestem om 'n meer briljante kleur aan die toon daarvan te gee. Dié tegniek staan as scordatura bekend. Dit beteken dat die altviool as 'n transponerende instrument (in D-majeur) ingespan word. In reële note (dit wil sê konsertstemming) klink dit dus of die altviool óók in E-mol speel, maar die soloaltviolis gebruik egter die vingersetting waaraan hy/sy gewoond is sonder om deurmekaar te raak omdat die instrument 'n halftoon hoër gestem is. Hoewel dié tegniek byna sonder uitsondering in uitvoerings op periode-instrumente gevolg word, word dit nie algemeen toegepas wanneer die sinfonia concertante op 'n moderne altviool uitgevoer word nie. Moderne altvioliste wat kies om scordatura te speel, soos wat Mozart dit oorspronklik gekomponeer het, sal egter makliker oor die orkes kan projekteer.

Bewegings Daar is drie bewegings:

Allegra maestoso, in E-mol-majeur en in 4/4-tyd Andante, in C-mineur en in 3/4-tyd Presto, in E-mol-majeur en in 2/4 tyd.

Opnames Die webtuiste Presto Music lys 53 CD-opnames van dié werk.Prestomusic. 2025. Mozart - Sinfonia Concertante for violin, viola & orchestra in E flat major, K364. Geraadpleeg op 2 Mei 2025. Richard Wigmore die opname deur Iona Brown, violis en dirigent, en Lars Anders Tomter, altviool, met die Noorse Kamerorkes (Chandos CHAN9695) as die beste opname. 'n Opname uit 1989, met Iona Brown op die viool en Nobuko Imai op die altviool is ook op sy kortlys.Wigmore, R. 2015. Daar moet ook melding gemaak word van die 1951 Casals Perpignan-feesopname met Isaac Stern en William Primrose, onder leiding van Casals.

Invloed Die temas van die Sinfonia concertante is al deur verskeie musiekverwerkers gebruik. In 1808 is 'n verwerking van die stuk vir 'n stryksekstet (helaas sonder erkenning vir die transkripteur) deur Sigmund Steiner as Grande Sestetto Concertante gepubliseer.Hochrhein Musikfestival Productions. 2024, 30 Januarie. Mozart: Sinfonia Concertante /Gabetta, Eberle, Smirnov, Mönkemeyer, Ridout, J.-Laferrière, M. Botana [YouTube-video]. Geraadpleeg op 2 Mei 2025. Al ses partye word gelykop tussen die ses strykers verdeel, want die werk word nie voorgehou as 'n werk vir soliste met begeleiding nie. Daar bestaan ook 'n verwerking vir tjello in plaas van die altvioolparty. 'n Bekende opname hiervan is dié van Isaac Stern (viool), Yo-Yo Ma (tjello) en die Bangor Simfonieoreks onder leiding van Werner Torkanowsky (hoewel net die eerste beweging daarvan beskikbaar is).Honigberg, S. 2014, 14 Mei. Mozart Sinfonia Concertante K. 364 (Mvt. I) Isaac Stern, violin Yo Yo Ma, cello [YouTube-video]. Geraadpleeg op 2 Mei 2025.

Die Sinfonia concertante word genoem in William Styron se 1979-roman Sophie's Choice: Nadat 'n vreemdeling Sophie op die moltrein molesteer, hoor sy die Sinfonia Concertante oor die radio speel, wat herinneringe aan haar kinderjare in Krakau terugbring en haar uit haar depressie ruk. Variasies op die stadige tweede beweging is gebruik vir die klankbaan vir die 1988 Peter Greenaway -film Drowning by Numbers deur komponis Michael Nyman. Die oorspronklike stuk word ook na elkeen van die verdrinkings in die draaiboek gehoor.

Verwysings

Kategorie:Concerto's van Wolfgang Amadeus Mozart Kategorie:Artikels met bronne in Duits (de)