Die Nederlandse waterverdedigingslinie is 'n Nederlandse wêrelderfenisgebied wat uit twee groot komponente bestaan: die Stelling van Amsterdam, wat in 1996 op die Wêrelderfenislys ingeskryf is, en die Nuwe Hollandse Waterlinie, wat in 2021 by die lys gevoeg is. As gevolg van dié laaste uitbreiding is die naam van die wêrelderfenisgebied ook verander na die oorhoofse naam "Nederlandse waterverdedigingslinie".
Die Nederlandse waterverdedigingslinie strek van Amsterdam en die Ysselmeer tot by die Biesbosch naby Werkendam. Dit sluit die forte rondom Amsterdam in, wat deel is van die Stelling van Amsterdam, asook die forte en verdedigingswerke van die Nuwe Hollandse Waterlinie. Die uitbreiding van 2021 het die Nuwe Hollandse Waterlinie bygevoeg as ’n voorbeeld van ’n unieke militêre verdedigingsisteem wat oor ’n lengte van 85 km strek en gebaseer is op die onderwater plaas van velde, hidrouliese installasies, en ’n reeks verdedigingswerke en militêre forte.
Verwysings
Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Nederland