Die anysboegoe (Diosma acmaeophylla) is 'n klein of groot struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor. Dit word gevind vanaf Namakwaland tot in die Koue Bokkeveld asook in die Witteberg.
Die struik staan ook as die ribbokboegoe bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sambi Plants of the World
acmaeophylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika