Hoërskool Windhoek (WHS) is 'n hoërskool in Windhoek, die hoofstad van Namibië. Dit is algemeen bekend as Die Blou Skool en is op 5 Februarie 1917 gestig, wat dit een van die oudste bestaande skole in die land maak. Tans word WHS onder die top 100 skole in Afrika gereken.
Geskiedenis Op 5 Februarie 1917 het Hoërskool Windhoek geopen en geskiedenis gemaak as Suidwes-Afrika se eerste hoërskool, met Engels as hoofonderrigtaal. Die eerste skoolhoof was mnr. WJG Anderson met sewe graad nege-leerders. In 1919 is die skoolkenteken en leuse vasgestel. In 1921 het die eerste vier matriekleerders die Nasionale Eksamen afgelê. Die skooluniform is vir die eerste keer in 1923 in gebruik geneem, daardie jaar het die skool van Robert Mugabestraat na sy huidige ligging verskuif. In 1932 het die skool Afrikaans aangeneem en 'n dubbelmediumskool geword.
In 1935 was WHS die enigste driemediumskool in Suider-Afrika, wat klasse in Engels, Afrikaans en Duits aangebied het. In 1938 is die skoolsaal voltooi. In 1952 is die skoollied vir die eerste keer gebruik. In 1961 is, vir die eerste keer, meer as 1100 leerders by WHS geregistreer. In 1962 was Afrikaans die hoofonderrigtaal. In 1974 is die nuwe skoolsaal en laboratoriums ingewy. In 1991 het Namibië onafhanklikheid verkry met die herinvoering van Engels as onderrigtaal in alle klasse.
Tradisies Skoolkenteken en skoolleuse (1919) Skooldrag (1921) Skoollied (1952) Huiskompetisie (1954): Kanniedood, Swarthaak en Wag-n-Bietjie. Rugbytrui van die eerste span (1960) Unieke uniform van die Graad 11-12 leerders (1965) Erekode van nuwe leerders (1965) Senjol (1985) Jaarboek (eerste 1920) Unieke uniforms en gebruike van die Studenteraad 'n Tradisie van akademiese resultate en mededingende deelname aan sport- en kulturele aktiwiteite.http://www.whs-edu.com/index.php?option=com_content&view=article&id=78&Itemid=29>
Fasiliteite WHS beskik oor 'n skoolsaal vir byna 800 mense, 'n rekenaarsentrum, wetenskaplaboratoriums en 'n mediasentrum. Dit het ook 'n woordverwerkingsentrum, 'n kafeteria en 'n groot stadion genaamd Vegkop, en 'n verhitte binnenshuise swembad.
Hoërskool Windhoek beskik oor drie rugbyvelde, vier tennisbane, 'n krieketveld, 'n sokkerveld, twee hokkievelde, vier netbalbane, 'n gimnasium van 300 vierkante meter, 'n basketbal- en vlugbalbaan.
Verwysings
Kategorie:Namibiese skole