Die Suid-Afrikaanse Poskantoor-museum het as doel die bewaring en uitstalling van items wat in verband staan met alle dienste wat die poskantoor oor alle jare heen aanbied. In chronologiese volgorde word aangetoon hoe kommunikasie tussen mense sedert die begin van skrif tot die huidige tyd ontwikkel het.
Ligging Die museum is op die hoek van Paleis- en Kerkstraat aan Kerkplein in Pretoria. 'n Deel van die versameling word geberg by die poskantoor se magasyn in Silverton.
Geskiedenis Voorstelle vir die stigting van so 'n museum is reeds in 1913 gemaak, en die eerste materiaal is sedert 1930 versamel toe 'n ingenieur in diens van die poskantoor, J. Milne, daarmee begin het. Die museum is in 1974 gestig met Mervyn Emms as kurator en D. Olmesdahl as sy adjunk. Die opsplitsing van die poskantoor in twee aparte maatskappye in 1991 het die museum benadeel.
Versameling In die versameling van die museum is onder andere: 'n Posklip, skryfgereedskap tot die eerste rekenaars, 'n voorstelling van 'n bode met 'n mikstok waarin hy 'n brief dra, 'n mobiele poskantoor, 'n aantal modelle van briefweegskale, possakke, 'n plattelandse poskantoor met sy meubels, datumstempels, verskeie modelle straatposbusse, 'n model van 'n posboot en 'n vliegtuig wat lugvrag vervoer 'n Posseëlversameling van nagenoeg 'n miljoen seëls, 'n volledige stel eerstedagkoeverte van Suid-Afrika en die destydse Suidwes-Afrika en 'n uitstalling oor die drukprosesse en die soorte papier wat vir posseëls gebruik word 'n Semafoor, heliograaf, telegrawe (wat sedert 1840 gebruik is), telefoonhokkie, teleks, 280 verskillende modelle telefone, die eerste telefoonskakelbord gebruik in Suid-Afrika geïnstalleer in Port Elizabeth in 1882, dele van Kaapstad se eerste telefoonsentrale van 1884, 'n voorbeeld van 'n outomatiese telefoonsentrale 'n Uitstalling oor die geskiedenis van die radio, insluitende 'n radio gebou deur Edward Alfred Jennings in Port Elizabeth in 1899, sonder dat hy ooit gehoor het van Guglielmo Marconi Apparatuur gebruik in satellietkommunikasie 'n Argief en biblioteek met tegniese boeke en 'n versameling van Suid-Afrikaanse telefoongidse sedert 1912 Die twee ryklik-versierde silwer telefone gebruik deur Paul Kruger en M.T. Steyn.
Bronnelys Fransen, Hans (samesteller): Guide to the museums of Southern Africa. Kaapstad: Suider-Afrikaanse Museumvereniging, 1978 Lombaard, Karen: A way to span the world. In: Omgewing RSA. Departement van Omgewingsake. Februarie 1958, deel 12, nr. 2 van Wyk, Anna-Marie: versamelaar met styl. In: Suid-Afrikaanse Panorama. Jaargang 36, nr. 2, Maart/April 1991. ISSN 0491-4783
Verwysings
Kategorie:Museums Kategorie:Pretoria