Lucy is 'n ruimteverkenner van Nasa op 'n sending van 12 jaar na agt verskillende asteroïede. Dit sal twee liggame in die asteroïedgordel en ses trojane van Jupiter besoek. Laasgenoemde is asteroïede wat Jupiter se wentelbaan om die Son deel; hulle beweeg óf voor Jupiter uit óf agter hom aan. Die tuig sal verbyvlugte van al die asteroïede onderneem. Lucy is deel van 'n sending van VS$981 miljoen en is op 16 Oktober 2021 lanseer.

Die sending is genoem na die Australopithecus-fossiel Lucy, want die bestudering van die trojane kan lig werp op die "fossiele van planeetvorming": materiaal wat in die vroeë jare van die Sonnestelsel saamgekoek het om planete en ander liggame te vorm. Die hominied Lucy is genoem na die Beatles se liedjie van 1967 "Lucy in the Sky with Diamonds".

Oorsig Lucy is op 16 Oktober 2021 van Kaap Canaveral lanseer met 'n Atlas V-lanseringstelsel. Nadat dit in 2023 verby die asteroïed 152830 Dinkinesj gevlieg het, het dit in 2025 verby die asteroïed 52246 Donaldjohanson in die binneste asteroïedgordel gevlieg wat na die ontdekker van die Lucy-fossiel genoem is.

In 2027 sal dit by die L4-trojaanwolk asteroïede Griekse Kamp sowat 60° voor Jupiter aankom. Dit sal hier verby vier asteroïede (en hulle satelliete) vlieg: 3548 Eurubates (en sy satelliet), 15094 Polumele, 11351 Leukos en 21900 Orus. Hierna sal Lucy na die L5-trojaanwolk Trojaanse Kamp vlieg wat sowat 60° agter Jupiter geleë is. Dit sal in 2033 verby die dubbelvoorwerp 617 Patroks en sy satelliet, Menoetius, vlieg. Die sending kan hierna eindig, maar omdat Lucy dan in 'n stabiele wentelbaan van ses jaar tussen die L4- en L5-wolk sal wees, is dit moontlik om die sending te verleng.

Harold F. Levison van die Southwest Research Institute in Boulder, Colorado, is die hoofondersoeker en Simone Marchi van die instituut die assistenthoofondersoeker. Nasa se Goddard-ruimtevlugsentrum voer die sending uit.

Die verkenning van Jupiter se trojane is een van die doelwitte met die grootste prioriteit. Volgens aardgebaseerde waarnemings is hulle "donker met ... oppervlakke wat min sonlig weerkaats". Jupiter is 5,2 AE van die Son af, of effens meer as vyf keer so ver as die Aarde. Die Jupitertrojane is net so ver, maar kan effens nader of verder van die Son af wees, na gelang van waar in hulle wentelbane hulle is. Daar kan soveel trojane as asteroïede in die hoofgordel wees.

Goue plaat thumb|220px|'n Plaat op die Lucy-sending bevat 20 boodskappe van mense op Aarde. Aan boord van die ruimtetuig is 'n goue plaat wat die lanseringsdatum bevat, asook die posisie van die planete en van die Aarde se kontinente op die lanseringsdatum, sy nominale baan en 20 toesprake, gedigte en liedere van mense soos Martin Luther King jr., Carl Sagan en die Beatles. Omdat die ruimtetuig nie die Sonnestelsel sal verlaat of met opset teen 'n planeet sal bots nie, is daar 'n kans dat mense van toekomstige generasies dit in die hande sal kan kry.

Teikens thumb|220px|Lucy sal Jupiter se Griekse Kamp (L4) en Trojaanse Kamp (L5) elke ses jaar om die beurt besoek. thumb|220px|Sewe van Lucy se teikens: die dubbelasteroïed Patrokos/Menoetius, Eurubates, Orus, Leukos, Polumele en Donaldjohanson.

Die spesifike voorwerpe wat vir waarnemings op verbyvlugte geteiken is, sluit in:

Datum Teiken Groep Deursnee Afstand Klassifikasie Opmerking 16 Oktober 2022 Aarde Aardplanete Aardplaneet Swaartekragslinger 1 November 2023 152830 Dinkinesj Binneste asteroïedgordel Dinkinesj: (satelliet Selam: ) Dubbele S-tipe asteroïed Besoek in Januarie 2023; kleinste teiken 13 Desember 2024 Aarde Aardplanete Aardplaneet Swaartekragslinger 20 April 2025 52246 Donaldjohanson Binneste asteroïedgordel C-tipe asteroïed Lid van ~130 miljoen jaar oue 163 Erigone-botsingsfamilie 12 Augustus 2027 3548 Eurubates Griekse Kamp by L4 Eurubates: (satelliet Queta: ) Dubbele C-tipe asteroïed Grootste lid van die enigste bevestigde botsingsfamilie onder die trojane. 15094 Polumele Griekse Kamp by L4 Polumele: satelliet: ) Dubbele P-tipe asteroïed Dalk 'n botsingsfragment van 'n groter P-tipe asteroïed. 18 April 2028 11351 Leukos Griekse Kamp by L4 D-tipe asteroïed Stadige roteerder (rotasieperiode 466 uur). 11 November 2028 21900 Orus Griekse Kamp by L4 D- of C-tipe asteroïed Moontlike dubbelvoorwerp 26 Desember 2030 Aarde Aardplanete Aardplaneet Swaartekragslinger; 1ste tuig wat van anderkant Jupiter na die Aarde terugkeer. 2 Maart 2033 617 Patroklos, Menoetius Patroklos: Menoetius: Dubbele P-tipe asteroïed Die twee is 680 km van mekaar af.

Verwysings

Skakels Sendingswebtuiste by nasa.gov Lucy: NASA's mission to Jupiter's Trojans by eoPortal Designing Lucy’s Path to the Trojan Asteroids

Kategorie:Ruimtetuie