De Jonge Thomas was 'n 18de-eeuse Oosvaarder van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. De Jonge Thomas was 'n handelskip wat verskeie kere na Nederlands-Indië en China gevaar het. Tydens sy vierde vaart het die skip by Tafelbaai skipbreuk gely. Wolraad Woltemade en sy perd het die see sewe keer suksesvol ingegaan en veertien mense gered. Hy en sy perd het tydens die agtste poging onder die water verdwyn en verdrink.Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren. S.d. Mooi Annie of de schipbreukelinge | Hoofdstuk 3: "De schipbreuk der 'Jonge Thomas.'" (in Nederlands). Geraadpleeg op 23 April 2025.South African History Online. 2025. Wolraad Woltemade drowns at sea after saving 14 people from a skinking ship. Geraadpleeg op 23 April 2025. Volgens een bron was daar 207 bemanningslede aan boord, van wie 168 verdrink het. Slegs 39 matrose het die ramp oorleef, van wie 14 deur Woltemade gered is.Stepping Stones of Maritime History. S.d. De Jonge Thomas. Geraadpleeg op 23 April 2024. regs|duimnael|360px|Die sinkende De Jonge Thomas in 1773, met Woltemade wat regs daarvan op sy perd gesien kan word
Die skip se besonderhede De Jonge Thomas is in 1764 in Amsterdam gebou vir die Amsterdamse Kamer. Die skip was 150 voet lank en van hout gemaak. Dit het 'n laaivermoë van 1 150 ton en 'n houvermoë vir tot 360 bemanningslede gehad.
Geskiedenis en lot Op 25 Oktober 1765 het die skip sy eerste reis na Batavia onder bevel van Jacob Wiebe onderneem. Die skip het in Maart 1766 die Kaap die Goeie Hoop vir twee weke aangedoen en later op 25 Junie 1766 in Batavia aangekom. Dit het in dieselfde jaar verder gevaar na Canton, China.
In totaal het die skip drie reise na Nederlands-Oos-Indië voltooi.
Tydens die vierde reis na Nederlands-Indië het die skip midde-in 'n storm sy ankers verloor en op 'n sandbank by Tafelbaai naby Kaap die Goeie Hoop gestrand. Hoewel 'n aantal mense omgekom het toe die skip begin opbreek, het 'n beduidende aantal oorlewendes aan die romp bly vasklou. Die gedoemde skip was nie ver van die land af nie en baie matrose het probeer om aan wal te swem. Die meeste het egter omgekom: Die water was yskoud en die stroom van die nabygeleë Soutrivier te sterk. Buiten die heel sterkste swemmers is die meeste wat land toe probeer swem het die see in getrek, waar hulle verdrink het.
Nadraai ’n Skare toeskouers het op die strand gestaan. Sommige het kom kyk; ander het probeer om te help. 'n Klomp ander het egter gehoop om die vrag te buit wat aan wal gespoel het, en goewerneur Joachim van Plettenberg het 30 soldate strand toe gestuur om die skip te bewaak en te keer dat die uitgespoelde vrag gesteel word. Wolraad Woltemade, pa van een van dié soldate, is strand toe om vir hom kos te bring. Toe hy die sinkende skip sien, het hy met sy perd die water ingegaan. Hy het sewe keer teruggekeer en veertien mense gered; elke keer met twee mense. Tydens die agtste reddingspoging het hy en sy perd weens moegheid verdrink; ook omdat te veel matrose, angsbevange om nie te verdrink nie, aan die perd vasgeklou het.
Woltemade is as held vereer. In 1774 is 'n VOC-skip na hom vernoem, en 'n standbeeld is van hom gemaak. In 1970 is die Woltemade-dekorasie vir Dapperheid as die hoogste burgerlike dekorasie in Suid-Afrika ingestel. Dit is in 1988 deur die Woltemade-kruis vir Dapperheid vervang. Die Woltemade-kruis is in 2002 afgestel as deel van die beweging om 'n nuwe Suid-Afrikaanse vereringstelsel daar te stel.
Uitbeeldings 'n Verskeidenheid uitbeeldings is van die skip en die reddingspoging gemaak; verskeie daarvan is in die Yale Centre for British Art-versameling en die versameling van die Rijksmuseum in Amsterdam opgeneem.
Wrak Die wrak word steeds ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999 beskerm. Die wrak van De Jonge Thomas is glo deur die African Salvage Corporation Bpk gered. Geen verdere inligting oor die berging is egter gepubliseer nie.
Tegniese besonderhede +De Jonge ThomasNaamDe Jonge ThomasEienaarVerenigde Oos-Indiese KompanjieVoltooi1764LotSkipbreuk gely op 25 Julie 1773TipeOosvaarderLengte150 voetDe VOCsite. 2025. De Jonge Thomas (1864). Geraadpleeg op 23 April 2025.Laaivermoë1 150 tonBemanning296–360
Verwysings
Kategorie:Skeepswrakke