Anacampseros variabilis is 'n klein sukkulente struik wat deel van die Anacampserotaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die laer Gariepvallei voor. Daar is slegs een bevoling in die vallei met 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km². Vanaf 2005 tot 2018 het die bevolking tussen 80 en 90% gedaal weens droogtes, mynbou aktiwiteite en oorbeweiding. Die bevolking se getalle neem nog steeds af en die spesie word as Kritiek Bedreig geklassifiseer.
Dit mag ook in Namibië voorkom maar die rekords om dit te staaf ontbreek nog.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
variabilis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika