Oxalis falcatula is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Kaapse Skiereiland tot by die Paarl voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 41 km². Die spesie het 'n groot gedeelte van sy habitat afgestaan aan voorstedelike ontwikkeling en gewasverbouing. Die bedreiging bestaan steeds.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
falcatula Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika