Toedhalija IV was omstreeks 1245-'15 v.C. koning van die Hetitiese Ryk. Hy het sy vader, Hattoesili III, opgevolg.
Vroeë lewe en bewind duimnael|links|160px|Die seël van Toedhalija IV.
Toedhalija was die jongste seun van Hattoesili III en die broer van kroonprins Nerikkaili. Hattoesili het hom later bo Nerikkaili tot kroonprins verhef.
Tydens Toedhalija IV se bewind het klimaatsveranderings gelei tot droër toestande en 'n groot droogte in die Hetitiese Ryk. Toedhalija het minstens 13 damme laat bou om watervoorrade te verseker, waarvan een nog steeds by Alacahöyük (vandag in die moderne Turkye) staan.
In die ooste het Toedhalija teen die Assiriërs te staan gekom. Hy het omstreeks 1237 v.C. 'n groot nederlaag gely teen die Assiriese koning Toekoelti-Ninoerta I in die Slag van Nihrija.
Toedhalija IV het twee seuns, Arnoewanda III en Soeppiloelioema II, gehad. Hulle word beskou as die laaste twee konings van die Hetiete.
Verwysings
Skakels Die bewind van Toedhalija IV
Kategorie:Konings van die Hetiete