Die Douglas Aircraft Company was 'n Amerikaanse lugvaart- en verdedigingsmaatskappy gesetel in Suid-Kalifornië, VSA. Dit is in 1921 deur Donald Wills Douglas sr. gestig, en het in 1967 met McDonnell Aircraft saamgesmelt om McDonnell Douglas te vorm, waar dit as 'n afdeling gefunksioneer het. McDonnell Douglas het in 1997 met Boeing saamgesmelt.

Die Douglas Aircraft Company Inc, wat sedert die vroeë 1920’s in Kalifornië in die VSA gesetel was, het vir 25 jaar meer suierenjintransportvliegtuie as enige ander vervaardiger in die wêreld gebou. Nadat die maatskappy vir ’n kort tydjie die voortou geneem het toe sy DC-8 aanvanklik beter as die Boeing 707 verkoop het, is Douglas vinnig deur Boeing verbygesteek en het verder agter die nuwe handelsvliegtuigleier geraak. ’n Haastige samesmelting in 1967 het op die geboorte van die McDonnell Douglas Corporation uitgeloop. Dertig jaar later is die nuwe korporasie op sy beurt deur Boeing oorgeneem. Die maatskappy se suksesse gedurende die 1930’s tot 1950’s, asook die probleme wat hy gedurende die 1960’s ondervind het, kan grotendeels tot die persoonlikheid van sy briljante stigter, Donald Wills Douglas, teruggevoer word.

Die geskiedenis van die Douglas Aircraft Company Die Douglas Aircraft Company word gestig duimnael|Donald Douglas en David R Davis in die 1920’s. Donald Douglas en David R. Davis het die Davis-Douglas Company op 22 Julie 1920 geregistreer. Die publiseerder van die Los Angeles Times en nege ander Kaliforniese sakemanne het saam borggestaan vir ’n banklening wat die Douglas Company instaat gestel het om in Julie 1921 gestig te word. Die naam van die maatskappy is op 30 November 1928 na Douglas Aircraft Company Inc verander. Die firma het tot 1967 onder die beheer van Donald Douglas en sy familie gestaan.

Produksie by die Santa Monica-aanleg Die Douglas DC-1 tot die DC-7 is almal, met die uitsondering van die militêre weergawes van die DC-3 en die DC-4, in die Santa Monica-aanleg gebou.

Die El Segundo-afdeling van die Douglas Aircraft Company Die Northrop Corporation het op 5 April 1937 die El Segundo-afdeling van die Douglas Aircraft Company geword. Hierdie nuwe afdeling van Douglas het tot 1962 in bedryf gebly. Die vliegdekskipgebaseerde Douglas SBD Dauntless, Skyraider, Skynight, Skyray, Skywarrior en Skyhawk het onder die talle beroemde vliegtuie getel wat gedurende hierdie 25-jaartydperk deur die El Segundo-afdeling geproduseer is. Wat die geskiedenis van die DC-lynvliegtuie betref, was Jack Northrop se belangrikste bydrae sy meersel-vlerkontwerp.

Douglas Aircraft was een van die maatskappye wat ’n brief ontvang het wat die verloop van sy geskiedenis sou verander en sy stigter uiteindelik in staat sou stel om lynvliegtuie te vervaardig. Hierdie brief, wat 2 Augustus 1932 gedateer was en onderteken is deur Jack Frye, visepresident in beheer van Bedrywighede by Transcontinental & Western Air Inc. (TWA), was dieselfde as die briewe wat aan verskeie vervaardigers gestuur is. In hierdie brief het TWA genoem dat hy voornemens is om minstens 10 vliegtuie te verkry. In hierdie jare van finansiële droogte was dit inderdaad ’n belowende mark. Geeneen van die mededingers kon egter beter as, of selfs so goed soos, Douglas doen met wat as die DC-1 (Douglas Commercial 1) bekend sou word nie.

Die DC-1, DC-2, DC-3 en ander vliegtuie duimnael|Vliegtuie van die Douglas Aircraft Company, insluitende DC-2’s in die kleure van Transcontinental & Western Air (TWA). Die DC-1 het vir die eerste keer op 1 Julie 1933 by Santa Monica gevlieg, en vliegtoetse het bewys dat sy werkverrigting uitstekend was. TWA het ’n aanvanklike bestelling geplaas van 20 DC-2’s, wat die produksiemodel van die DC-1 was en ’n ekstra ry sitplekke gehad het om 14 in plaas van 12 passasiers te akkommodeer. Die Santa Monica-lugvaartfirma het altesaam 197 DC-2’s en militêre variante gebou voordat hy met die produksie van die DC-3 voortgegaan het. Die DC-3 het ’n wyer romp gehad. Douglas het altesaam 10,655 DC-3’s en DC-3-variante gebou. Boonop is hierdie beroemde vliegtuig onder lisensie in Japan en die Sowjetunie gebou. Hierdie aktiwiteite het die Douglas Aircraft Company in staat gestel om die eerste plek onder die wêreldvliegtuigvervaardigers te beklee namate sy wins vinnig toegeneem het. Die prototipes van die DF- burgerlike vliegboot en ’n eerste DC-4 (die toekomstige DC-4E) is gedurende dieselfde tydperk gerealiseer. duimnael|Foto van die voorraadkamer by die Long Beach-aanleg, ongeveer Oktober 1942. Douglas het hom gedurende die tweede helfte van die 1930’s op militêre programme toegespits. Die uitsondering was die burgerlike tweemotorige DC-5. Enersyds het lugrederye voortgegaan om groot bestellings te plaas (met Douglas wat die grootste voordeel hieruit getrek het). Andersyds het Frankryk en Groot-Brittanje, beginnende in 1938, begin om groot getalle militêre vliegtuie van vervaardigers in die VSA te bestel. Omdat meer vliegtuie geproduseer moes word, moes die lugvaartbedryf aanlegte vergroot en/of nuwes bou. Douglas het grond aan die rand van die munisipale lughawe in Long Beach verkry en ’n nuwe aanleg gebou. Douglas het ook aanlegte van die regering gehuur, geleë in Chicago, Illinois en in Oklahoma City en Tulsa, Oklahoma.

As gevolg van ’n toename in bestellings rondom die tyd wat die VSA tot die oorlog toegetree het, het Douglas vliegtuie in ses aanlegte gebou, naamlik Chicago (DC), El Segundo (DE), Long Beach (DL), Oklahoma City (DK), Santa Monica (DO) en Tulsa (DT). (Die kodes tussen hakies word in die benamings van die Douglas-skroefvliegtuie gebruik: “Douglas C-54A-15-DC” beteken byvoorbeeld dat die vliegtuig ’n Skymaster is wat in die Chicago-aanleg gebou is en “Douglas C-47B-35-DK” beteken dat die vliegtuig in die Oklahoma City-aanleg gebou is.) Die aanlegte in Chicago en Oklahoma het elk net een soort vliegtuig gebou: Chicago het 655 C-54-DC’s (die militêre weergawe van die DC-4) en die aanleg in Oklahoma City het 5409 C-47-DK’s en C-117-DK’s gebou. Toe die meeste militêre kontrakte ná die oorlog beëindig is, is hierdie twee aanlegte aan die regering teruggegee. Die produksie in die ander vier aanlegte was meer gediversifiseer. Die toe nuwe Long Beach-aanleg het op 1 Februarie 1942 die eerste nuwe vliegtuig wat gebou is, die C-47-DL met die reeksnommer 41-7722, aan die USAAF afgelewer. Hierdie aanleg het gedurende die oorlog 4 284 bykomende Skytrains, Dakotas en ander vliegtuie geproduseer. Ná die oorlog is hierdie aanleg na die regering oorgeplaas, maar in November 1946 het Douglas begin om deel van die aanleg weer te verkry om C-124-DL Globemaster II’s te produseer. Later het Douglas die hele aanleg gekoop en dit omvattend uitgebrei om vervaardigingsale vir die DC-8’s, DC-9’s en DC-10’s te huisves, en sy hoofkwartier is vanaf Santa Monica verskuif. Veel later, toe produksieaktiwiteite begin afneem het, is die deel van die fasiliteit wat gebruik is, kleiner gemaak. Uiteindelik is net die C-17A Globemaster III in Long Beach vervaardig nadat Douglas deur Boeing oorgeneem is.

Hierdie Tweede Wêreldoorlog-fasiliteite en die Douglas-hoofkwartier in Long Beach is nou gesloop. Die tradisionele aanlegte in Santa Monica (in gebruik sedert 1929) en El Segundo (in 1932 geopen) se aktiwiteite is gedurende die Tweede Wêreldoorlog tussen onderskeidelik produksie vir die USAAF en die Amerikaanse Vloot verdeel. Die Santa Monica-aanleg, wat deur die USAAF beheer is, het vir ’n kort tyd DC-3’s vir burgerlike klante gebou en toe begin om minimumverandering-variante van die DC-3 ingevolge militêre kontrakte te bou. Die aanleg het gedurende die oorlogsjare verskillende vliegtuie gebou, insluitende 589 C-54 Skymasters. Die Douglas Aircraft Company het gedurende die Tweede Wêreldoorlog ’n uiters belangrike rol gespeel. Sy aanlegte in Kalifornië, Illinois en Oklahoma het van 1 Januarie 1940 tot 31 Augustus 1945 ’n totaal van 30 903 vliegtuie geproduseer. duimnael|250x250px|’n Douglas C-47A-5-DL. Die “DL” wys daarop dat die vliegtuig in die Long Beach-aanleg vervaardig is.

Die gevolge van die beëindiging van vyandelikhede Aan die einde van vyandelikhede is militêre kontrakte gekanselleer en het die getal werknemers by Douglas van ’n hoogtepunt van 140 000 in 1943 tot net 24 900 in 1946 afgeneem. Die aanlegte in Chicago, Oklahoma City en Tulsa is gesluit en produksieaktiwiteite in Long Beach is drasties verminder. Die getal afgelewerde vliegtuie het van 11 598 in 1944 (’n onoortroffe rekord vir Douglas) tot 5 353 in 1945 en 127 in 1946 afgeneem. Die El Segundo-afdeling het op Amerikaanse Vloot-bestellings vir die AD Skyraider en ander vliegtuie oorleef.

Die modernisering van lugrederyvlote Ná die Tweede Wêreldoorlog moes kommersiële operateurs hulle vliegtuigvlote dringend moderniseer. Douglas was in ’n beter posisie as ander vervaardigers om hiermee te help want groot getalle C-47’s en C-54’s was surplus weens veranderde militêre behoeftes en was beskikbaar om as passasiersvliegtuie gemodifiseer te word. Daarbenewens is ’n aantal lugrame, wat as gevolg van gekanselleerde militêre kontrakte nie voltooi is nie, in Santa Monica as DC-3D’s en DC-4-1009’s omgebou. Die langtermyn- burgerlike mark het belowend vir Douglas gelyk. links|duimnael|250x250px|Een van ’n aantal C-47-lugrame wat aan die einde van vyandelikhede weens gekanselleerde militêre kontrakte nie voltooi is nie, en hierna as DC-3D’s in Santa Monica gebou is.

Die DC-6, DC-7, DC-8 en ander vliegtuie Met die DC-6 het Douglas groot sukses behaal. Talryke burgerlike en militêre variante asook die DC-7-reeks het uit die DC-6 voortgespruit. Daarteenoor het niks van die Model 415 en die Model 1004 gekom nie. Douglas het toe probeer om nuwe lewe in die DC-3 te blaas deur dit in die Super DC-3 te omskep. Hierdie weergawe van die DC-3 kon egter nie met die vinniger en groter Convair-produkte meeding nie. Douglas het met die ontwikkeling van sy eerste straallynvliegtuig, die DC-8, geaarsel en dit het die maatskappy duur te staan gekom. Gedurende die 1950’s het die konflik in Korea en die Koue Oorlog tot hernude militêre aktiwiteite vir vliegtuigvervaardigers aanleiding gegee. Die Douglas El Segundo-span het die meeste voordeel hieruit getrek, met aansienlike Amerikaanse Vloot-bestellings vir AD Skyraiders en A4D Skyhawks. Aan die ander kant het die ontwerpspanne in Santa Monica en Long Beach slegs kleiner produksiekontrakte vir C-124 Globemaster II’s, B-66 Destroyers en C-133 Cargomasters gewen.

Vader en seun duimnael|175px|Donald W. Douglas junior in November 1963. Donald W. Douglas was sedert die begin van die firma die president asook die voorsitter van die direksie, en vir baie jare het die Douglas-familie die meerderheid maatskappyaandele gehou. Donald W. Douglas junior het in 1957 sy vader as president opgevolg; sy vader het die Voorsitter van die Direksie gebly, maar sy betrokkenheid by bedrywighede geleidelik verminder. Vader en seun het ’n meerderheid van hulle maatskappyaandele verkoop en in vaste eiendom belê. Omdat hulle minder aandag aan hulle vliegtuigbesigheid gegee het en minderheidsaandeelhouers in die Douglas Aircraft Company geword het, was dit skadelik vir die maatskappy.

Die DC-8 vlieg Die DC-8 het op 20 Mei 1958 vir die eerste keer gevlieg en dit het gelyk asof hy ’n briljante toekoms het. Maar verskeie groot en duur probleme het verhoed dat vroeëproduksie-DC-8’s aan werkverrigtingwaarborge voldoen. Douglas het die nodige gedoen om hierdie tekortkominge reg te stel, maar swaar verliese is gely. Hierdie probleme het verhoed dat Douglas die ontwikkeling van ’n tweede straallynvliegtuig finansier wat met die Convair 880 en 990 en die Boeing 720 sou meeding. Daar was ’n rampspoedige ooreenkoms met Sud Aviation om die tweestraalmotorige Caravelle te bou (die driemotorige Boeing 727 se werkverrigting was beter en hy was beter geskik).

Drie van die Douglas-aanlegte sluit