Die Pratt & Whitney R-1340 Wasp is 'n resiprokerende vliegtuigenjin wat vanaf die 1920's wyd in Amerikaanse vliegtuie gebruik is. Dit was die Pratt & Whitney-vliegtuigmaatskappy se eerste enjin, en die eerste van die beroemde Wasp-reeks. Dit was 'n enkelry, nege-silinder, lugverkoelde, ster ontwerp, en het 22 kubieke L (1,344 kubieke duim) verplaas; boring en slag was albei 146 mm (5,75 duim). Altesaam 34 966 enjins is vervaardig.Pratt&Whitney R-1340 page Besoek op 25 Oktober 2008
Die enjin het verskeie tipe vastevlerk vliegtuie aangedryf en ook twee helikopters: die Agusta-Bell AB.102 en die Sikorsky H-19. Dit het ook 'n K-class observasielugskip aangedryf.
Variante Nota: R vir Radiaal en 1340 vir 1340 kubieke duim verpasing. R-1340-7 (340 kW), (450 kW) R-1340-8 (317 kW) R-1340-9 (340 kW), (391 kW) R-1340-16 (410 kW) R-1340-17 (391 kW) R-1340-19 (450 kW) R-1340-19F (450 kW) R-1340-21G (410 kW) R-1340-22 (410 kW) R-1340-23 (429 kW) R-1340-30 (410 kW) R-1340-31 (410 kW) R-1340-33 (450 kW) R-1340-48 (450 kW) R-1340-49 (450 kW) R-1340-AN1 (410 kW), (450 kW) R-1340-AN2 (410 kW), 3:2 geratte aandryfas R-1340-B (340 kW) R-1340-D (370 kW) R-1340-S1D1 (391 kW) R-1340-S1H1-G (410 kW), (450 kW) R-1340-S3H1 (450 kW) R-1340-T1D1 (390 kW)
Toepassings duimnael|Curtiss SOC Seagull aangedryf deur R-1340, 1939
duimnael|regs|Die gondola van 'n VS Vloot K-klas observasielugskip. Een van die twee R-1340 enjins word gediens, 1943
Verwysings
Kategorie:Vliegtuigenjins