Toedhalija II (soms geïdentifiseer met en genoem Toedhalija I) was in die laat 15de / vroeë 14de eeu v.C. 'n koning van die Hetitiese Ryk, moontlik van 1425-1390 v.C.Freu 2007b: 75, 311 Hy was die skoonpa en voorganger van Arnoewanda I.Bryce 2005: 128-129.

Identiteit Die nommers van Hetitiese konings met die naam Toedhalija (Hetities: 𒌅𒌓𒄩𒇷𒅀) verskil tussen geleerdes weens 'n debat oor die identiteit van die eerste twee konings met die naam. 'n Toedhalija, wat nou bevestig is as die seun van 'n sekere Kantoezzili, het Moewatalli I opgevolg nadat laasgenoemde deur die amptenare Himoeili en Kantoezzili (nie noodwendig Toedhalija se vader nie) vermoor is.Wilhelm 2004: 75; Bryce 2005: 122; Freu 2007a: 180-183; Freu 2007b: 20-21; Weeden 2022: 561. Dieselfde of 'n ander Toedhalija was die skoonpa en voorganger van Arnoewanda I.Bryce 2005: 128-129; Freu 2007b: 98, 102-103; Weeden 2022: 569. Weens die onsekerheid beskou sommige geleerdes albei as dieselfde koning, Toedhalija IKlengel 1999: 104; Bryce 2005: 122-123. of Toedhalija I//II,Astour 1989: 74; Beckman 2000: 25-27; Weeden 2022: 560-569 terwyl ander hulle as twee aparte konings beskou.Kuhrt 1995: 230; Carruba 2005: 264-267; Freu 2007b: 18-45.

Die rede hoekom hulle as twee aparte konings beskou word, word verskaf deur Jacques Freu, wat reken Toedhalija I was die seun van die nieregerende Kantoezzili, terwyl Toedhalija II geskryf het hy het as 'n jeugdige die troon bestyg ná sy vader se dood. Net so was Toedhalija II se suster die dogter van 'n koning.Freu 2007b: 97-98.

Dié artikel volg die redenasie van Freu, wat 'n onderskeid tref tussen twee groot Hetitiese konings van die 15de eeu v.C. met dieselde naam.

Familie Freu se rekonstruksie identifiseer Toedhalija I en Toedhalija II as oupa en kleinseun, met Hattoesili II, wat net kort regeer het, as die geslag tussenin.Freu 2007a: 180-181; Freu 2007b: 18-32. As dit reg is, sou Toedhalija II die seun van Hattoesili II gewees het, moontlik by Asmoe-Heba,Freu 2007b: 97. en sou hy sy vader volgens sy eie getuienis op 'n baie jong ouderdom opgevolg het.Freu 2007b: 75-76. Toedhalija II het 'n suster met die naam Ziplantawija gehad. Sy het die titel koningin gehad, miskien om haar broer se funksies te verrig toe hy nog jonk was.

Bewind Die Wes-Anatoliese konfederasie Arzawa het dalk reeds in die tyd van Toedhalija II se vader begin om die Hetitiese grense oor te steek.Freu 2007b: 76. Toedhalija II het teen Arzawa opgeruk, hulle verslaan en het gevangenes en militêre toerusting teruggestuur huis toe.Bryce 2005: 123-124; Freu 2007b: 76-79; Weeden 2022: 565. 'n Opstand het hom na Assoewa laat draai, wat hy onderduk het.Bryce 2005: 124-126; Freu 2007b: 79-85; Weeden 2022: 566. Die suksesvolle veldtogte in die weste het gelei tot 'n groot verplasing van gevangenes en goedere van die lande wat verslaan is na die Hetitiese kerngrondgebied of ander gebiede onder Hetitiese heerskappy.

Terwyl Toedhalija in die weste besig was, is die noordelike dele deur die Kaskiërs aangeval. Hulle is in 'n twee jaar lange veldtog verslaan, en Toedhalija kon 'n jaar lank sonder oorlog deurbring.Bryce 2005: 127; Freu 2007b: 85-87; Weeden 2022: 566. Verder het Toedhalija se opvolger, Arnoewanda I, Toedhalija se veldtogte teen Mitanni en Isoewa onthou. Toedhalija het Isoewa verslaan, en van hulle het skuiling gesoek in Mitanni, wat geweier het om hulle uit te lewer. Dit het tot hernude Hetitiese aksie sonder permanente profyt gelei.Bryce 2005: 127-128; Freu 2007b: 87; Weeden 2022: 566.

Teen die einde van Toedhalija II se bewind het hy en sy medewerker en opvolger, Arnoewanda I, na die westerse front teruggekeer op 'n seëvierende militêre veldtog teen Koepanta-Koeroenta, die koning van Arzawa.Freu 2007b: 104-105, 111-112.

Verwysings

Bibliografie

Astour, Michael C. (1989), Hittite History and the Absolute Chronology of the Bronze Age, Partille. Beckman, Gary (1996), Hittite Diplomatic Texts, Atlanta. Beckman, Gary (2000), "Hittite Chronology," Akkadica 119-120 (2000) 19-32. Bryce, Trevor (2005), The Kingdom of the Hittites, Oxford. Freu, Jacques, and Michel Mazoyer (2007a), Des origins à la fin de l’ancien royaume hittite, Paris. Freu, Jacques, and Michel Mazoyer (2007b), Les débuts du nouvel empire hittite, Paris. Klengel, Horst (1999), Geschichte des Hethitischen Reiches, Leiden. Kuhrt, Amélie (1995), The Ancient Near East c. 3000–330 BC, vol. 1., London. Weeden, Mark (2022), "The Hittite Empire," in Karen Radner et al. (eds.), The Oxford History of the Ancient Near East, vol. 3 (From the * Hyksos to the Late Second Millennium BC), Oxford: 529-622. Wilhelm, Gernot (2004), "Generation Count in Hittite Chronology," in Herman Hunger and Regine Pruzsinszky, eds., Mesopotamian Dark Age Revisited, Vienna, 71-79.

Skakels Die bewind van Toedhalija II

Kategorie:Konings van die Hetiete