duimnael|260px 'n Samosa van die Persiese woord sambosag (سنبوسگ) (wat 'driehoekige deeg' beteken) is 'n gebraaide Suid-Asiatiese en Wes-Asiatiese versnapering. Dit word gebak met 'n hartige vulsel, meestal groente, gekruide aartappels, uie en ertjies, maar ook vleis of vis. Dit word in verskillende vorms gemaak, insluitend driehoekig, keël of halfmaan, afhangende van die streek.

Samosas word dikwels vergesel van blatjang, en het sy oorsprong in die Middeleeue of selfs vroeër. Soet weergawes word ook gemaak. Samosas is 'n gewilde voorgereg of versnapering in die kookkuns van Indië, Suid-Asië, Wes-Asië, Sentraal-Asië, Portugal, Oos-Afrika en hul Suid-Asiatiese diasporas. Dit is ook gewild in Suid-Afrika waar dit in straatkafees en van deur-tot-deur deur smouse op parkeerterreine verkoop word.

Verwysings

Kategorie:Groentegeregte Kategorie:Indiese kookkuns Kategorie:Suid-Afrikaanse kookkuns Kategorie:Persiese woorde en frases