Gabriela Gunčíková (; gebore 27 Junie 1993), ook bekend as Gabriela Gun, is 'n Tsjeggiese sangeres. Haar stem word beskou as 'n mengsel tussen Sheryl Crow en Ann Wilson van die groep Heart. Sy was die naaswenner van die tweede seisoen van Česko Slovenská SuperStar, en het die Nuwe Kunstenaar-prys gewen tydens die 2011 Český slavík-toekenningsaand. Gunčíková was van 2014 tot 2015 'n sanger vir Trans-Siberian Orchestra. Sy het die Tsjeggiese Republiek in 2016 verteenwoordig tydens die Eurovision-sangfees in Stockholm, met die liedjie "I Stand".Česká Televize Gunčíková het die hoogste plek behaal wat nog ooit deur 'n verteenwoordiger van Tsjeggië behaal is, en was die eerste Tsjeg wat kon deurdring na die finaal.

Lewe en loopbaan

2011–2015: SuperStar 2011 en haar tyd saam met die Trans-Siberian Orchestra In 2011 was Gunčíková 'n finalis tydens die tweede seisoen van die Tsjeggies-Slowaakse weergawe van Pop Idol getiteld Česko Slovenská SuperStar. Sy was uiteindelik die naaswenner, ná die Slowaakse wenner, Lukáš Adamec. Sy was die hoogsgeplaasde Tsjeggiese deelnemer gedurende die seisoen. Ná die einde van die program het sy 'n kontrak aangegaan met Universal Music Group en later in dieselfde jaar haar debuutalbum, Dvojí tvář, vrygestel. Gunčíková was deel van die vyfde seisoen van die Slowaakse weergawe van Dancing with the Stars, Let's Dance, wat op 9 September 2011 begin uitsaai het. Sy het saam met die professionele danser Peter Modrovsky gedans, totdat die paartjie op 14 Oktober 2011 uitgeskakel is en uiteindelik in sewende plek geëindig het. Sy was een van die hoogsgeplaaste Tsjeggiese deelnemers. Gunčíková het voortgegaan om die Nuwe Kunstenaar-prys tydens die 2011 Český slavík-toekennings te wen.

In 2013 het Gunčíková onder die Amerikaanse stemafrigter Ken Tamplin begin werk. Sy het in dieselfde jaar haar tweede ateljee-album getiteld Celkem jiná, vrygestel. In 2014 het sy haar studies onder Tamplin voltooi en aangesluit as sanger by die Amerikaanse "progressive rock"-groep Trans-Siberian Orchestra. Die daaropvolgende jaar het sy die groep verlaat.

2015–teenswoordig: Eurovision-sangfees 2016 In Maart 2016 is Gunčíková aangekondig as die Tsjeggiese deelnemer vir die 2016 Eurovision-sangfees met die liedjie "I Stand". Sy het op 10 Mei 2016 deelgeneem aan die tweede helfte van die eerste semifinaal in Stockholm, Swede, en gekwalifiseer vir die finaal (en sodoende die eerste Tsjeggiese deelnemer geword om die onderskeiding te behaal), waartydens sy in die 25ste plek geëindig het.

Diskografie Ateljee albums Titel Details Dvoji Tvar Vrygestel: 2011 Formaat: Digitale aflaai, CD Etiket: Universal Music Group Celkem Jiná Vrygestel: 29 Mei 2013 Formaat: Digitale aflaai, CD Etiket: Lewron Music Center

Enkelspelers Titel Jaar Hoogste posisie op speellyste Album CZE(Dig.) "I Stand" 2016 48

Pryse en benoemings JaarBenoemde werkPrysKategorieResultaatVerw2011HerselfČeský slavíkBeste Nuwe Kunstenaar

Verwysings

Eksterne skakels

Youtube video - Gunčíková sing "Love Hurts" Youtube video - Gunčíková sing "Who Wants To Live Forever" Youtube video - Gunčíková sing Europe se "The Final Countdown" Youtube video - Gunčíková sing "Barracuda

Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Tsjeggiese musici