Hoezzija I was 'n koning van die Hetitiese Ou Koninkryk. Hy het sowat vyf jaar lank regeer, van omstreeks 1530-'25 v.C. (middelchronologie).

Biografie Volgens die Telepinoe-proklamasie is Titija en Hantili saam met Ammoena vermoor, en Hoezzija het toe koning geword. Die meeste geleerdes stem saam dat Titija en Hantili seuns van Ammoena was en dat hulle vermoor is sodat sy ander seun, Hoezzija, die troon kon bestyg.

Hoezzija het 'n suster, Istaparija, gehad wat met Telepinoe getroud was. Telepinoe het Hoezzija van die troon gesit en hom verban. Volgens die Hetitoloog Trevor R. Bryce was Hoezzija slegs 'n troonsteler, terwyl Telepinoe die seun van Ammoena was. Telepinoe se frase dat hy "op die troon van sy vader" gesit het, kan dus letterlik opgeneem word.The Kingdom of the Hittites deur Trevor R. Bryce

Hoezzija is eindelik tydens Telepinoe se bewind vermoor, maar teen die bevel van Telepinoe.

Verwysings

Skakels Die bewind van Hoezzija I

Kategorie:Konings van die Hetiete