Tahoerwaili was 'n koningOtten, Heinrich (1971) van die Hetitiese Middelryk. Hy het omstreeks die vroeë 15de eeu v.C. (middelchronologie) regeer. Hy was 'n neef van koning Telepinoe.Birgit Brandau, Hartmut Schickert: Hethiter Die unbekannte Weltmacht

Familie As 'n neef van Telepinoe moes hy 'n seun gewees het van een van Ammoena se broers. Dit sou hom 'n direkte manlike afstammeling van Zidanta I gemaak het.The Kingdom of the Hittites deur Trevor Bryce

Bewind Tahoerwaili word nie op enige van die koningslyste genoem nie,Joost Blastweiler, Kings, Queens and princes of the Hittite Kingdom in the offering lists of the Royal ancestors, in "Anatolia in the Bronze Age", Arnem, NL, 2013 maar sy bestaan word bevestig deur sy seëlafdrukke wat in Hattoesa ontdek is.S.R.Bin-Nun. Who was Tahurwaili, the great king? Journal of Cuneiform Studies, vol. 26 No 2 April 1974 Die gebrek aan bewyse van sy bewind is dalk 'n aanduiding daarvan dat sy bewind kort was.

Hy het iewers tussen Telepinoe en Zidanta II regeer, maar andersins is die tyd van sy bewind onseker. Hy word dikwels ná Aloewamna en selfs Hantili II geplaas, op grond van die styl van sy seël, maar so 'n besluit is spekulatief. Omdat hy in een van Telepinoe se briewe (KUB 26:77) genoem word en hy veronderstel is om sy neef te wees, maak dit sin om hom net ná Telepinoe te plaas.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Konings van die Hetiete