Marius Jacques Kloppers (gebore 26 Augustus 1962) is 'n Suid-Afrikaans-gebore Australiese sakeman en voormalige hoof uitvoerende beampte van BHP Billiton, die wêreld se grootste mynboumaatskappy. Hy was ook uitvoerende direkteur en voorsitter van die Groepbestuurskomitee van 2007 tot 2013. Hy is gevra om as HUB af te tree op 1 Oktober 2013 en is opgevolg deur Andrew Mackenzie.
Opvoeding Kloppers studeer aan Helpmekaar Kollege, destyds 'n openbare skool in Johannesburg (tans IB). Kloppers het 'n Baccalaureusgraad in Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria behaal en daarna 'n PhD by die Massachusetts-tegnologie-instituut verwerf. Hy het ook 'n MBA by INSEAD verwerf.
Kloppers het in petrochemikalieë by Sasol en materiaalnavorsing by Mintek in Suid-Afrika gewerk. Nadat hy sy MBA by INSEAD voltooi het, het hy by McKinsey & Co in Nederland gewerk. In 2007, op die ouderdom van 44, is hy aangestel as HUB van die grootste hulpbronnemaatskappy ter wêreld, BHP Billiton. Hy het amptelik op 1 Oktober 2007 die pos van HUB aanvaar. In 2009 was sy totale jaarlikse vergoeding R70m waarvan R13.6m salaris was.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Alumni van die Massachusetts-tegnologie-instituut