Darmstadt 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter|raam Land  Deelstaat 20px|raam Hesse Koördinate  Stigting 11de eeu Stadstatus 23 Julie 1330 Oppervlakte:    - Totaal 122,07 vk km Darmstädter Datenblatt 08-2022  Hoogte bo seevlak 144 m Bevolking:    - Totaal (31 Julie 2022) 164 668  - Bevolkingsdigtheid 1 349/vk km  - Metropolitaanse gebied 1 800 000 Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Hanno Benz (SPD) Amptelike webwerf darmstadt.de

Darmstadt (Duits: [ˈdaʁmʃtat], ) is 'n stad in die deelstaat Hesse in Duitsland. Dit maak deel uit van die nywerheidstreek Frankfurt-Ryn-Maingebied (Duits: Rhein-Main-Gebiet) en is ná Frankfurt am Main, Wiesbaden en Kassel die vierde grootste stad in Hesse.

Darmstadt het 'n buitengewoon hoë konsentrasie van wetenskaplike instellings wat grootliks te danke is aan Darmstadt se Tegniese Universiteit (Duits: Technische Universität Darmstadt). Technische Universität Darmstadt In 1997 is Darmstadt deur die regering van Hesse met die eretitel "wetenskapstad" vereer (Duits: Wissenschaftsstadt).Darmstadt, City of Science brochure Die tegniese universiteit en twee Tegniese Kolleges (Duits: Fachhochschulen) het op enige gegewe tyd meer as 30 000 studente en met 'n ongewoon hoë konsentrasie van besighede, navorsingsinstellings en assosiasies vorm Darmstadt 'n geïntegreerde netwerk van kennis. Die hoë persentasie werkgeleenthede in sektore soos navorsing en ontwikkeling is ongeëwenaar in Duitsland. www.darmstadt.de: Bildung und Wissenschaft in Darmstadt

Geskiedenis Etimologie duimnael|links|So het Darmstadt in 1626 gelyk duimnael|links|Die 'Schlossplatz', die mark reg voor die Kasteel (foto ongeveer 1900). Dit is een van min gebiede wat nog na die Tweede Wêreldoorlog staande gebly het duimnael|links|'n Historiese stadkaart van Darmtadt wat uit 1776 dateer – foto deur Johann Jacob Hill Die oorsprong van die naam Darmstadt is onseker.

Die oudste potensiële verwysing is die woord Darmundestat wat uit die 11de eeu dateer, eeue nadat die dorp reeds gevestig was. Daar is verskeie moontlike verklarings vir die naam Freundeskreis Stadtmuseum Darmstadt

'n Moontlike verklaring is dat die dorp die woonplek was van 'n koninklike met die naam Darimund. Darimund, der mythische Gründer Darmstadts 'n Ander verklaring is dat die naam afgelei is van die woord darre wat "deur" of "hindernis" beteken en mund wat 'n tipe skerm is, sodat Darmundestat 'n dorp is by 'n beskermde deurgang. Verder word ook versoek om Darmbach as die oorspronklike vorm van die naam te identifiseer. Volgens hierdie teorie was Darmstadt óf die "Stad by Wildbach" (Dam-unda-stat) óf die "Stad by Moorbach" (Darm-unda-stat).

Vroeë geskiedenis (tot ongeveer 1600 n.C.) Grafte en ander voorwerpe wat in die Darmstadtgebied gevind is, dui daarop dat dié gebied reeds tussen die vroeë steentydperk en die eerste 1000 jaar n.C. beset was. 'n Steenbyl vanuit die vroeë steentydperk is in die tuine by Böllenfalltor (Duits: Gärten am Böllenfalltor) gevind en 'n kis uit die Keltiese ystydperk (vyf jaar voor Christus) is by Rosenhöhe gevind. Spore van die eerste Germaanse setlaars wat dateer uit die eerste eeu voor Christus, is in twee grafte, by "Weissen Turm" en ook by Rosenhöhe, geïdentifiseer.

'n Meer permanente besetting het eers in ongeveer 400 n.C. deur die Alemanne onder Romeinse invloed plaasgevind. Darmstadt was klaarblyklik vir die Romeine 'n deurgangsgebied van groot strategiese belang.

Darmstadt is op 23 Julie 1330 stadsregte gegee deur Graaf Wilhelm I van Katzenelnbogen, alhoewel daar bewyse is dat besetting reeds in die 11de eeu plaasgevind het. Die sanderige heuwels rondom Darmstadt kon nie boerdery ondersteun in die tyd voor industriële bemesting nie, Micronutrient Status in Two Long-Term Trials with Fertilisation Treatments and Different Cropping Systems – Fischer, Meike et al., Institute for Biodynamic Research, Darmstadt en dit het gekeer dat grootskaalse bevolkingsgroei kon plaasvind totdat die stad in die 16de eeu die hoofkwartier van die Landgraaf van Hesse-Darmstadt geword het.

Latere geskiedenis (Wêreldoorloë) duimnael|Die Rooms-Katolieke St.Ludwig-kerk is net 'n katspoegie weg van Luisenplatz en was tussen 1822 en 1927 gebou deur Georg Moller Net voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, gedurende April 1912, is die hooftreinstasie van Darmstadt ingewy. Twee jaar later het die oorlog uitgebreek en ongeveer 2 000 inwoners het hulle lewens verloor. Tussen 6 April en 17 Mei (1920) was Darmstadt deur Franse troepe beset. Gedurende die volgende paar jaar het werkloosheid geweldig toegeneem en in 1930 was 21 000 inwoners werkloos. Hierdie situasie het daartoe bygedra dat 50% van die Darmstadters in 1933, gedurende die parlementêre verkiesings, vir Adolf Hitler gestem het. Twee weke na die verkiesing van 6 Maart is die eerste Joodse besighede toegemaak, Joodse tydskrifte verbied en Joodse beamptes het hulle werk verloor. Die plein in die middestad is vir 'n kort tydjie ook na die "Führer" vernoem en het as Adolf Hitler-plein bekendgestaan. Vier jaar later het Darmstadt in statistieke opsig 'n "Großstadt" geword, wat beteken dat die stad, ná die inwyding van Arheiligen en Eberstadt in die stadsgebied, nou 'n bevolking van meer as 110 000 gehad het.

Die Tweede Wêreldoorlog het op 1 September 1939 uitgebreek en ongeveer 6 maande later (8 Junie 1940) is die eerste lugaanvalalarm uit 'n totaal van 1567 in Darmstadt gehoor. Nie lank daarna nie, op 30 Julie van dieselfde jaar, het die eerste lugaanval in Darmstadt plaasgevind.

Darmstadt was die eerste stad wat Jode geforseer het om hulle besighede toe te maak. Gedurende Maart tot September 1942 is ongeveer 3 000 Jode vanuit Darmstadt en omgewing verplaas na Theresienstadt, Auschwitz en ander konsentrasiekampe.

In kontras, kom van die mees prominente Duitsers wat weerstand teen die Nasionaalsosialiste gebied het, ook uit Darmstadt. Twee voorbeelde hiervan is Wilhelm Leuschner en Theodor Haubach, wat albei ter dood veroordeel is vir hul verset teen die Nasionaalsosialistiese bewind.

Brandnag duimnael|'n Foto van Darmstadt, een dag ná die bomaanval in Darmstadt. Die datum van die foto is 12 September 1944 Kort voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die Britse Lugmag 'n reeks bomaanvalle in Duitsland uitgevoer. Hierdie aanvalle het gepaard gegaan met vuurbomme wat omvangryke skade aan verskillende stede in Duitsland veroorsaak het.

Die stad Darmstadt is in die nag van 11 September 1944 in die sogenaamde "Brandnag" deur 'n bombardement van Britse bomwerpers byna totaal vernietig met die daaropvolgende 'n vuurstorm.

Nege-en-negentig persent van die historiese stadskern en stadsentrum was vernietig, wat ongeveer 87 persent van die totale bewoonde gebied beslaan het. In hierdie nag het 11 500 mense gesterf en is ongeveer 110 000 mense haweloos gelaat.

Geografie Aan die westekant van die stad vloei die Bo-Ryn (Duits: Oberrhein). Aan die suidekant by Darmstadt-Eberstadt is die oorsprong van die Bergstraße-gebied. Die gebied word begrens deur die Rynrivier in die weste en die Odenwald-bergreeks aan die oostekant. Die roete word gekenmerk deur vele klein dorpies wat nog oorspronklike historiese dorpskerne het. Die Bergstraße se klimaat word gemodereer deur Die berge wat aan die westekant van die gebied oefen 'n matigende invloed op die Bergstraße se klimaat uit wat as een van die aangenaamstes in Duitsland beskou word. Die Bergstraße se amptelike webblad

Die Odenwaldbergreeks vorm die suidoostelike grens van die stad en noordoos van Darmstadt is die heuwelagtige Messel-gebied (Duits: Messeler Hügelland).

Klimaat

Demografie In 2022 bevat Darmstadt ongeveer 165 000 permanente inwoners, waarvan ongeveer 38 000 buitelanders is. Vir hierdie 165 000 inwoners is daar ongeveer 22 000 geboue. As gevolg van die hoë konsentrasie tegnologiese ondernemings, het 20 persent van alle werknemers 'n tersiêre opleiding (meer as dubbeld so veel as die gemiddelde syfer vir die hele Duitsland).

Inwonerontwikkeling duimnael|Inwonerontwikkeling tussen 1570 en 2010 Op 1 April 1937 het die inwonertal van Darmstadt vir die eerste keer die 100 000-kerf verbygesteek. Die rede hiervoor is dat Arheilgen en Eberstadt destyds by die stad Darmstadt ingelyf is. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog (tussen 1939 en 1945) het die stad 40% van sy bevolking(45 000) verloor. Teen 1953 het die bevolkingsgetal weer die vooroorlogse getal bereik. Die hoogste inwonertal ooit was 142 133 (in 1971). Aan die einde van Junie 2007 was die amptelike syfer 140 347.

Die volgende oorsig dui die inwonertal vir die verskillende tydperke aan. Tot 1833 berus die gegewens meestal op skattings, daarna op volkstellings (gekleurde agtergrond) of amptelike sensusgetalle.

Jaar bevolking 1570 1 220 1676 1 790 1772 9 800 1816 15 391 1830 23 242 3 Des 1846 26 300 3 Des 1861 28 526 3 Des 1864 29 225 1 Des 1871 33 800 1 Des 1875 37 273 1 Des 1880 41 199 Jaar Bevolking 1 Des 1885 43 146 1 Des 1890 55 883 2 Des 1895 63 168 1 Des 1900 72 381 1 Des 1905 83 123 1 Des 1910 87 089 1 Des 1916 71 410 8 Okt 1919 82 367 16 Jun 1925 89 465 16 Jun 1933 93 222 Jaar Bevolking 17 Mei 1939 115 196 31 Des 1945 69 539 13 Sep 1950 94 788 25 Sep 1956 123 306 6 Jun 1961 136 412 31 Des 1965 140 066 27 Mei 1970 141 224 31 Des 1975 137 018 31 Des 1980 138 201 31 Des 1985 134 181 Jaar Bevolking 25 Mei 1987 134 272 31 Des 1990 138 920 31 Des 1995 138 980 31 Des 2000 138 242 31 Des 2005 139 103 31 Des 2007 141 058 http://redaktion.dafacto.com/imperia/md/content/pdf/wirtschaft/statistik/12.pdf 31 Des 2010 144 402 http://www.statistik-hessen.de/themenauswahl/bevoelkerung-gebiet/regionaldaten/bevoelkerung-der-hessischen-gemeinden/index.html 30 Jun 2011 147 150 30 Jun 2014 150 298 31 Jul 2022 164 668 Volkstellings word met 'n gekleurde agtergrond aangedui

Woonbuurte Darmstadt het 9 woonbuurte. In alfabetiese volgorde is hulle Statistischer Ueberblick – Statistiese oorsig van die stad se amptelike webwerf Darmstadt-Arheilgen Darmstadt-Bessungen Darmstadt-Eberstadt Darmstadt-Kranichstein Darmstadt-Mitte (Sentraal) Darmstadt-Nord (Noord) Darmstadt-Ost (Oos) Darmstadt-West (Wes) Darmstadt-Wixhausen

Besienswaardighede Mathildenhöhe duimnael|Mathildenhöhe – voor regs is die Russiese kapel en agter links is die huwelikstoring duimnael|Die tuin by Mathildenhohe Mathildenhöhe Amptelike webblad van die Mathildenhöhe is met 180 meter bo seespieël die hoogste plek in Darmstadt. In die 19de eeu was Mathildenhöhe die tuin van die hof van die groothertog en in 1833 is dit in 'n engelse landskap verander. Die tuin is vernoem na Mathilde Karoline Friederike von Wittelsbach, vrou van groothertog Ludwig III. Tussen 1877 en 1880 is daar by Mathildenhöhe 'n waterreservoir gebou wat water aan die ganse Darmstadt voorsien het en in 1897 is die Russiese kapelle by Mathildenhöhe gebou. Mathildenhöhe is in 2021 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Huwelikstoring By Mathildenhöhe tref mens ook die huwelikstoring (Duits: Hochzeitsturm) aan, wat uitsluitlik gebruik word vir die voltrekking van huwelike. Die toring word in 1908 gebou deur Joseph Maria Olbrich nadat finansiering in 1905 verseker is deur die huwelik van die groothertog Ernst Ludwig met prinses Eleonore. Die toring staan 48,5 m hoog. Die huwelikstoring word afgebeeld op die embleem van die stad. Die tuin (Duits: Platanenhain) by Mathildenhöhe dateer uit die 1930's en is 'n gewilde uitsig en samekomspunt in Darmstadt.

Russiese kapel