Die Kompanjiestuin in die sentrum van Kaapstad is die oudste openbare tuin in Suid-Afrika. Dit is amptelik in 1652 deur Nederlandse setlaars gestig met die doel om voedsel te lewer, maar is 160 jaar gelede aan die publiek vir vrye besoek oopgestel. Bykomend tot die rusbanke onder die reuse bome, sluit die Kompanjiestuin se besienswaardige bates verskeie histories en botanies waardevolle bome, 'n roostuin, 'n kruietuin, 'n visdam, 'n voëlhok, en 'n teehuis in. Van historiese belang is die Dellville Wood-gedenktuin, wat die lewensverlies van duisende Suid-Afrikaanse soldate gedurende die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk herdenk. Die Kompanjiestuin is 'n gewilde oord waar opvoedkundige en kulturele gebeurtenisse gehou word en staan ook bekend as 'n bestemming waar troufoto's geneem word.

Sien ook Cecil John Rhodes-standbeeld, in die sentrum van Kompanjiestuin Henry Lukin-standbeeld

Regs langs die Kompanjiestuin: Tuynhuys, ampswoning van die president van Suid-Afrika Parlement van Suid-Afrika

Nabygeleë: Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika Hiddingh-kampus van die Universiteit van Kaapstad

Bibliografie Leverton, B.J.T.: The Company's gardens, Cape Town. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 33, nr. 2, April 1984

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Kaapstad Kategorie:Tuine