Die Filippynse arend (Pithecophaga jefferyi), ook bekend as die aapvretende arend of groot Filippynse arend, is 'n kritiek bedreigde arendspesie van die familie Accipitridae wat endemies is aan woude in die Filippyne. Dit het 'n bruin en witkleurige verekleed, 'n ruie kruin, en is gewoonlik 86 tot 102 cm (2,82 tot 3,35 voet) lank en weeg 4,04 tot 8,0 kg (8,9 tot 17,6 pond).
Die Filippynse arend word beskou as die grootste van die bestaande arende in die wêreld in terme van lengte en vlerk-oppervlakte, met slegs Steller se see-arend en die Harpy-arend wat groter is in terme van massa. Dit is tot die nasionale voël van die Filippyne verklaar.
Die grootste bedreiging vir die spesie is habitatverlies, 'n gevolg van hoë vlakke van ontbossing oor die grootste deel van sy verspreidingsgebied. As gevolg hiervan het die IUBN-rooilys die spesie as "kritiek bedreig" geklassifiseer.Kennedy, R. S., Gonzales, P. C.; Dickinson, E. C.; Miranda, H. C. Jr. and Fisher, T. H. (2000). A Guide to the Birds of the Philippines. Oxford University Press, New York.
Om 'n Filippynse arend dood te maak is 'n kriminele oortreding, wat volgens wet strafbaar is met tot 12 jaar gevangenisstraf en swaar boetes.
Verwysings
Kategorie:Roofvoëls