Podalyria pearsonii is 'n struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor. Dit word gevind by Nieuwoudtville en Gifberg en het 'n voorkomsgebied van 1903 km². Die spesie is deel van die fynbos. Daar was tien bevolkings bekend maar die plant het habitat afgestaan aan die verbouing van Rooibos tee; tussen 2000 en 2010 het vier bevolkings verdwyn. Die spesie benodig gereelde vuur om te kan voortplant maar weens die gefragmenteerde bevolkings kom brande minder gereeld voor wat sy voortbestaan affekteer.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

pearsonii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika