Podalyria microphylla is 'n struik wat deel van die Fabaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Dit word gevind in die Tygerberg, vanaf Klipheuwel tot by Paarl en Paardeberg. Die spesie is deel van die fynbos en het 'n voorkomsgebied van 1 198 km². Dit het reeds 90% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en voorstedelike ontwikkeling. Die oorblywende bevolking bestaan uit klein geisoleerde populasies wat bedreig word deur indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
microphylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika