Karl Nehammer (Duits: [kaɐ̯l ˈneːhamɐ]; gebore op 18 Oktober 1972) is 'n Oostenrykse politikus wat van 6 Desember 2021 tot 10 Januarie 2025 as die 32ste kanselier (eerste minister) van Oostenryk gedien het. Hy is 'n lid van die Oostenrykse Volksparty (ÖVP), was van 2020 tot 2021 minister van Binnelandse Sake, van 2018 tot 2020 hoofsekretaris van die ÖVP, asook van 2017 tot 2020 lid van die Nasionale Raad. Nehammer het die kanselierskap aanvaar as opvolger van Alexander Schallenberg, wat bedank het om terug te keer as Minister van Buitelandse Sake.

Verwysings

Kategorie:Eerste Ministers van Oostenryk Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense