'n Persoksidisulfaat of persulfaat is 'n sout van perswaelsuur wat die komplekse anioon bevat.

Hierdie anioon bestaan uit twee tetraëdriese sulfaat-ione wat deur 'n peroksied-binding -O-O- saamgehou word. Hierdie binding kan maklik verbreek word wat twee sulfaatradikale vrystel. Hierdie radikale is baie sterk oksideermiddels wat verskeie aanwendings het, soos om baie watergedraagde besoedelingstowwe te oksideer, soos metaboliete van organismes (bv. 2-metielisoborneol en geosmin), persistente organiese besoedelingstowwe (POP's, bv. gepolichlorineerde dibenso-p-dioksiene en dibensofurane, gepolichlorineerde bifeniele en perfluoroalkylverbindings), plaagdoders (bv. atrasien en chloorpirifos), farmaseutiese en persoonlike sorgprodukte (PPCP's, bv. triclosan en sulfametoksasool) en vlugtige organiese verbindings (VOC's, bv. broommetaan en tolueen)

Verwysings

Kategorie:Anorganiese chemie Kategorie:Swawel