Die Keeromdam is ‘n besproeiingsdam vir plase in die gebied tussen Worcester en Robertson in die Boland.

Die dam is by 33° 35′ 10″ suid, 19° 42′ 27″ oos en by die oorsprong van die Nuyrivier in die Keeromsberg.

Dit is in 1954 deur die staat gebou en het die besproeibare gebied uit die rivier tot 1380 ha vermeerder. In 1956 is ingrypende verbeterings aan die kanaalstelsel aangebring, en in 1989 is groot onderhoudswerk aan die damwal gedoen.

Die wal is 38 m hoog en 105 m lank. As die dam vol is, d.w.s. 9 110 ML water bevat, het dit ‘n oppervlakte van ‘n 90 ha. Die opvangsgebied oorskry net-net die 39 000 ha.

Lees ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bibliografie Mouton, Annalize: The people of Nuy build a dam. In: Village Life. nr. 19, Augustus/September 2006. ISSN 1810-5580 Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 8. Kaapstad: Nasou, 1973.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap