duimnael|links|upright|Bruce Lee met sy seun Brandon in 1966. duimnael|links|upright|Die grafte van Bruce en Brandon Lee in Seattle. Bruce Jun-fan Lee (27 November 1940 – 20 Julie 1973) was 'n Chinese vegkunstenaar, filosoof, vegkunsinstrukteur en vegkunsakteur. Hy was ook die stigter van die vegkuns "Jeet Kune Do". Lee word algemeen beskou as die invloedrykste vegkunstenaar van die twintigste eeu. Hy was ook die vader van die akteur Brandon Lee en die aktrise Shannon Lee.

Lee is in San Francisco, Kalifornië gebore, maar het in Hongkong groot geword. Sy rolprente het die tradisionele Hongkong-vegkunsrolprent nuwe gewildheid en lof gebring en gesorg vir die eerste grootskaalse belang in Chinese vegkuns in die Weste. Die regie en toon van sy rolprente het vegkuns en vegkunsrolprente die wêreld oor beïnvloed.

Lee het 'n ikoniese figuur geword, veral vir die Chinese volk, siende dat hy Chinese nasionale trots en Chinese nasionalisme in sy rolprente uitgebeeld het. Hy het hoofsaaklik Chinese vegkuns (Koeng foe) beoefen, veral Wing Tsun.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse filosowe Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Chinese akteurs Kategorie:Chinese vegkunstenaars Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Sterftes in 1973