Edson Arantes do Nascimento (23 Oktober 1940 – 28 Desember 2022), beter bekend as Pelé, was 'n Brasiliaanse sokkerspeler en word dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye. Hy is ook deur die Internasionale Olimpiese Komitee as atleet van die eeu benoem. Alhoewel sy geboortesertifikaat wys dat sy eerste naam "Edison" is (hy is vernoem na Thomas Edison), verwys hy na homself as "Edson", maar dit is as "Pelé" wat hy 'n sportlegende geword het.
Pelé het 'n nasionale held in sy tuisland geword, waar die regering hom tot 'n nasionale skat verklaar het. Hy is bekend vir sy prestasies in en bydraes tot sokker en FIFA het amptelik verklaar dat hy die sokkerambassadeur van die wêreld is. Hy het ook sy ondersteuning gebied aan beleid wat die sosiale omstandighede van die armes sou verbeter; toe hy sy duisendste doel aangeteken het, het hy dit aan die arm kinders van Brasilië opgedra. Deur die loop van sy loopbaan het hy bekend gestaan as "die koning van sokker" (O Rei do Futebol), "koning Pelé" (O Rei Pelé) of slegs "die koning" (O Rei). Hy is ook 'n lid van die Amerikaanse nasionale sokker-eregalery.
Pelé het op 15-jarige ouderdom vir die Santos-sokkerklub begin speel en reeds met 16 saam met die nasionale span uitgedraf: saam met sy span het hy op 17 sy eerste Sokker-Wêreldbeker gewen. Alhoewel hy talle aansoeke van Europese klubs gehad het, was die ekonomiese omstandighede en die destydse Brasiliaanse sokkerregulasies ten gunste van die Brasiliaanse Santos-sokkerklub en het hy tot 1974 vir hulle gespeel. Pelé het binnevoorspeler, doelskieter en spelskepper gespeel. Sy tegniek en natuurlike atletiese vermoëns is alom geprys; hy was beroemd vir sy uitstekende dribbelwerk en aangee, kragtige skoppe en tallose doele.
Hy is die speler met die meeste doele in die geskiedenis van die nasionale Brasiliaanse sokkerspan en is die enigste sokkerspeler wat al deel was van drie spanne wat die Sokker-Wêreldbeker (1958, 1962 en 1970) verower het. Hy het egter nie die 1962-toernooi voltooi nie, as gevolg van 'n besering. FIFA het egter in November 2007 aangekondig dat die medalje tog aan hom toegeken sal word.
Ná sy aftrede in 1977 was Pelé 'n sokkerambassadeur.
Internasionale loopbaanstatistiek duimnael|links|Pelé saam met die Brasiliaanse nasionale sokkerspan wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 gewen het duimnael|links|Pelé saam met die Brasiliaanse nasionale sokkerspan wat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 gewen het Vir die Brasiliaanse nasionale sokkerspan: https://www.rsssf.org/miscellaneous/pele-intlg.html Jaar Kere uitgedraf Doelskoppe19572219587919599111960641961001962881963771964321965891966951967001968741969971970158197121Totaal9277
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Brasiliaanse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Sterftes in 2022