Randfontein is 'n goudmynboudorp in Wesrand in die weste van Gauteng, Suid-Afrika. Die dorp lê tussen Carletonville en Krugersdorp, en is 45 km wes van Johannesburg.

Geskiedenis Ná die ontdekking van goud was daar 'n geskarrel na grond in die Witwatersrand en het sir J.B. Robinson die plaas Randfontein in 1886 gekoop. Die dorp is in 1890 op die plaas gestig om die goudmynbedrywighede van die Randfontein Estates-goudmynmaatskappy te bedien. Randfontein was eers deel van Krugersdorp, maar het op 1 Januarie 1929 'n onafhanklike munisipaliteit geword. Die spoorlyn vanaf Krugersdorp het die dorp in 1895 bereik.

Distrik Die distrik is 813 km² groot. Behalwe goud en uraan is mielies, groente en suiwelprodukte van ekonomiese belang.

Onderwys Die skole in Randfontein sluit in: Hoërskool Jan Viljoen Phahama Sekondêre Skool

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika NG gemeente Helikonpark NG gemeente Randpoort NG gemeente Randfontein NG gemeente Randfontein-Noord NG gemeente Randfontein-Wes

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Gauteng