Wesselsbron is 'n landboudorp in die noorde van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 75 km suid van Bothaville en is tussen Hoopstad en Odendaalsrus geleë.

Geskiedenis Wesselsbron is in 1920 gestig en is vernoem na kommandant Cornelis J Wessels wat in bevel was van die Boere se Beleg van Kimberley van 13 Oktober 1899 tot 12 Februarie 1900. Die dorp het in 1936 munisipale status verwerf.

Distrik Die distrik is 1 750 km2 groot. Een van die belangrikste produkte is mielies en die dorp spog met van die grootste graansilo's in die suidelike halfrond. Ander gewasse wat verbou word is koring en grondbone terwyl bees- en skaapboerdery ook belangrik is. Daar is ook baie panne in die distrik.

Onderwys Slegs basiese onderwys word in Wesselsbron en Monyakeng (die township van Wesselsbron) aangebied.

Hoërskole Hoërskool Sandveld (beide 'n primêre en hoërskool), Hoërskool Iphateleng, Hoërskool Monyakeng.

Laerskole Laerskool Katoloso, Laerskool Letsibolo, Laerskool Mmabana en Laerskool Tataiso.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat