Die Lord Howe-eiland (Engels: Lord Howe Island) is 'n eiland in die Tasmansee tussen Australië en Nieu-Seeland. Dit is sowat 600 km oos van Port Macquarie, 780 km noordoos van Sydney en 900 km suidwes van die Norfolkeiland geleë. Dit beslaan 'n oppervlakte van 14,55 km² en het 'n bevolking van 382 in 2016 gehad. Lord Howe-eiland vorm saam met ander kleiner eilande die Lord Howe-eilandgroep, waarvan dit die grootste eiland is. Dit is 10 km lank en tussen 0,3 en 2,0 km breed. Die Lord Howe-eilande is 'n ongeïnkorporeerde gebied van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis wat deur die Lord Howe-eilandraad bestuur word.

duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Lord Howe-eiland Die Lord Howe-eiland is in 1982 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Weens die unieke fauna en flora is toegang tot die eiland streng beperk.

Sien ook Vlag van die Lord Howe-eiland

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Australië