Edmondia fasciculata is 'n struik wat slegs 30 cm hoog word. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en Wes-Kaap waar dit aangetref word vanaf Kamiesberg, die Sederberg tot by die Riviersonderendberge. Die plant blom van September tot Januarie. Die spesie is deel van die fynbos.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies.
fasciculata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Struike