Senecio is 'n genus van blomdraende plante uit die familie Asteraceae. Verskeie soorte van hierdie groot genus kom in Suid-Afrika voor.

Sommige spesies slinger met hulle slap stingels teen of om ander plante op, of gebruik die ander plante as ondersteuning: Senecio tamoides Senecio deltoides Senecio macroglossoides Ander is blaarsukkulente: Senecio skirrhodon 'n Voorbeeld wat met sy wortels in water of modder groei is Senecio achilleifolius Die stingels van sommige soorte groei plat teen die grond en net die hofies word bokant die grondoppervlak gedra. 'n Voorbeeld is: Senecio radicans 'n Voorbeeld van 'n spesie met blare met drie tot vyf hoofare is Senecio ruwenzoriensis Melksap kom voor by: Senecio viminalis 'n Baie aromatiese soort is: Senecio rhyncholaenus Daar is soorte wat dunsiekte of Moltenosiekte veroorsaak: Senecio retorsus Senecio latifolius Senecio sceleratus 'n Meerjarige soort is: Senecio napifolius

Verwysings