Dikaliumtrimangaantriarsenaat is 'n dubbelsout van kalium en mangaan en arseensuur . Die oksidasietoestand van arseen is +5 en van kalium +1. Dit maak die oksidasietoestand van mangaan gemiddeld +7/3 wat dit 'n gemengdevalensieverbinding maak.

Dit is 'n interessante ferromagnetiese halfmetaal.

Kristalstruktuur kristalliseer in die monokliniese struktuur van die mineraal alluaudiet.

Hierdie struktuur kan algemeen weergegee word as A(2)A(1)M(1)M(2), waar X=P, As. Hierdie struktuur bevat twee stelle tonnels in die -rigting met die A-atome -in hierdie geval die kaliumatome- in die sentrums, ingebed in die M(1)M(2)-raamwerk. Hierdie raamwerk word gevorm deur kettings van rand-delende -oktaëders, wat aan mekaar gekoppel is deur die -tetraëders. Die raamwerk laat katioonvervanging in die X en M-posisies toe en verdra 'n wye verskeidenheid komposisievariasies, wat lei tot interessante elektriese en magnetiese eienskappe. Die mangaanatome in die M-posisies het onvolledig gevulde 3d-orbitale wat die ferromagnetiese eienskappe veroorsaak.

Chemiese eienskappe -kristalle kan verkry word deur , en by 400 °C te verhit in 'n porselein smeltkroes, dit te verpoeier en opnuut te verhit by 800 °C en die smelt stadig af te koel. Die glasagtige smelt word in kokende water opgelos en die bruin -kristalle bly agter.

Fisiese eienskappe het veral die aandag van die vastestoffisici getrek omdat dit 'n ferromagnetiese Weyl-halfmetaal met 'n minimale aantal Weyl-punte (WP) is. Hierdie getal is twee, omdat die totale chiraliteit nul moet wees en die een WP die teengestelde chiraliteit van die ander moet hê.

Hierdeur kan die eienskappe van Weyl-punte beter bestudeer word. Hierdie tipe Weyl-halfmetale word wel die "waterstofatoom" van Weyl-halfmetale genoem en wek groot belangstelling weens die eenvoudige verskynsels wat slegs met WP's verband hou, soos 'n groot negatiewe magnetoreweerstand en 'n groot afwykende Hall-geleidingsvermoë. Hierdie eienskappe is veral belangrik vir die ontwerp van nuwe toestelle wat op hierdie eienskappe gegrond is.

Verwysings

kategorie:Verbindings van kalium kategorie:Verbindings van mangaan kategorie:Verbindings van arseen kategorie:Anorganiese verbindings