duimnael|links|Adjunkpresident George H.W. Bush (regs) en president Ronald Reagan in 1981. George Herbert Walker Bush (12 Junie 1924 – 30 November 2018) was 'n Amerikaanse politikus van die Republikeinse Party. Hy het van 1989 tot 1993 as die 41ste President van die Verenigde State van Amerika gedien.
In die Tweede Wêreldoorlog was hy 'n vlieënier. Sy Avenger-torpedobomwerper is oor die Stille Oseaan afgeskiet, maar hy is deur 'n Amerikaanse skip opgepik.
Hy word veral onthou vir sy belofte voor die presidentsverkiesing dat hy nie belasting sou verhoog nie. Sy woorde was: "Read my lips — no new taxes". Nadat hy president geword het, het hy wel sommige belastings verhoog.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sy presidentskap word ook onthou vir die Golfoorlog teen Irak in 1990–1991.
Ná sy presidentskap het hy homself grotendeels van die openbare lewe onttrek. Hy is die vader van die 43ste Amerikaanse president, George W. Bush. George H.W. Bush is net enkele maande na sy vrou, Barbara, op 30 November 2018 oorlede.
Verwysings
Eksterne skakels
Lewensbeskrywing
Kategorie:Presidente van die Verenigde State Kategorie:Amerikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Luitenante Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2018 Kategorie:Adjunkpresidente van die Verenigde State