Somaliland (Somalies: Soomaaliland; Arabies: صوماليلاند, Ṣūmālīlānd of أرض الصومال, Arḍ aṣ-Ṣūmāl), amptelik die Republiek Somaliland Susan M. Hassig, Zawiah Abdul Latif, Somalia, (Marshall Cavendish: 2007), bl. 10. (Somalies: Jamhuuriyadda Somaliland; Arabies: جمهورية أرض الصومال Jumhūrīyat Arḍ aṣ-Ṣūmāl), is 'n selfregerende gebied in die noordweste van Somalië wat streef om as 'n onafhanklike staat erken te word. Somaliland het op 18 Mei 1991 sy onafhanklikheid verklaar nadat die regering van Somalië in duie gestort het. In teenstelling met die suidelike dele van Somalië beskik Somaliland oor 'n werkende regering en 'n groot mate aan wet en orde. Daar is sedert 2003 'n konflik tussen Puntland en Somaliland oor die toekoms van Somalië; volgens internasionale reg is albei gebiede deel van Somalië. Ondanks Somaliland se relatiewe sukses en politieke stabiliteit word die gebied slegs deur die Republiek China op Taiwan en Israel as 'n onafhanklike staat erken.

duimnael|links|Satellietbeeld van Somaliland duimnael|links|Kaart van Somaliland Somaliland beheer die gebied van die voormalige kolonie Italiaans-Somaliland wat in 1960 met die voormalige Brits-Somaliland saamgesmelt het om Somalië te vorm. Hargeisa is die hoofstad en grootste stad. Somaliland beslaan 'n oppervlakte van 76 000 km² en het in 2024 'n bevolking van 6 200 000 gehad. Net soos Somalië is Somaliërs die bevolkingsmeerderheid en Somalis saam met Arabies die amptelike tale van die gebied.

Verwysings

Bronnelys Algemeen

Eksterne skakels

Somaliland se amptelike webwerf Somalilandse nuus

Kategorie:Omstrede gebiede

Kategorie:Voormalige Italiaanse kolonies