Hierdie artikel handel oor die stad in Nederland. Vir die artikel oor die gelyknamige Suid-Afrikaanse dorp, sien Amersfoort, Mpumalanga.
Amersfoort is op een na die grootste stad van die Nederlandse provinsie Utrecht. Die munisipaliteit het sowat 164 000 inwoners (2026). Amersfoort is aan die Eemrivier geleë.
Bevolking
Teen die begin van die 19e eeu het Amersfoort maar nog 9 000 inwoners gehad. Amersfoort het in 'n kort tydjie enorm gegroei tot die status van "groeistad". In 1970 tel die stad 75 000 inwoners en in 2008 woon daar ruim 140 000 mense in Amersfoort. Tydens 'n munisipale herindeling is die munisipaliteit Hoogland in sy geheel en Leusden en Hoevelaken deels deur Amersfoort geabsorbeer. Vathorst is die grootste distrik van die stad.
Die bevolking van Amersfoort groei vinnig; die stad het van 2006 tot 2026 gegroei van 136 999 na 163 766 inwoners. Amersfoort groei aansienlik meer as die gemiddelde van Nederland in dieselfde tydperk. (bron: Centraal Bureau voor de Statistiek)
Bekende boorlinge Johan van Oldenbarnevelt (1547–1619), staatsman Piet Mondriaan (1872–1944), skilder Johannes Heesters (1903–2011), sanger en akteur
Kategorie:Munisipaliteite in Utrecht (provinsie) Kategorie:Nedersettings in Utrecht (provinsie) Kategorie:Stede in Nederland