Hierdie artikel handel oor die musiekgroep; vir menslike geslagsomgang, sien seks.

Die Seks is 'n Afrikaanse musiekgroep van Bellville in die Wes-Kaap. Die Seks bestaan uit Christo van Wyk, Nicolaas van Wyk, Dewald Gerber, Calvin Siderfin, en Pieter Fabricius. Die groep is in die middel van 2007 begin en het 'n debuut-EP, Geeste van Heimwee, in Junie 2008 vrygestel. In September 2008 is hul eerste enkelsnit "Versigtig verslaaf" se musiekvideo op die Afrikaanse musiekkanaal MK uitgesaai.

Die Seks beskryf hulself as pop/rock. Hul musiek bevat kenmerkende elemente van die emo-musiekgenre, soos onder meer die verwringde kitaarriwwe wat dalend gespeel word om die negatiewe te beklemtoon, asook duistere lirieke waarin donker onderwerpe herhaaldelik voorkom.

Diskografie EP's Geeste van heimwee (2008)

Eksterne skakels myspace.com/dieseksmusiek Die Seks op MySpace Geeste van Heimwee op Musiek.co.za (Rhythm Online)

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe