Die nasionale vlag van Kanada Kanadese Erfenis – Jy wou weet... is op 15 Februarie 1965 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie vertikale bane in rooi, wit en rooi met ’n rooi elfpuntige esdoringblaar in die middel van die wit baan.

Die aanvaarding van die vlag in 1965 was die eerste keer dat ’n nasionale vlag vir Kanada gekies is om die Unievlag te vervang. Die Rooi Kanadese Vaandel is nieamptelik gebruik sedert die 1890’s en is in 1945 deur ’n algemene maatreël van bestuur goedgekeur vir gebruik "waarookal die plek of geleentheid hom voordoen om ’n kenmerkende Kanadese vlag te laat wapper." In 1964 het Eerste Minister Pearson ’n komitee aangewys om die vraagstuk op te los. Dit het gelei tot ’n ernstige debat oor die verandering van die vlag. Uit drie opsies is George Stanley en John Matheson se esdoringontwerp wat gebaseer was op die vlag van die Koninklike Militêre Kollege van Kanada, gekies. Die vlag is die eerste keer op 15 Februarie 1965 ten toon gestel; hierdie datum word jaarliks gevier as die Nasionale Kanadese Vlagdag.

Baie verskillende vlae is geskep vir gebruik deur Kanadese amptenare, regeringsliggame en militêre magte. Die meeste van hierdie vlae maak op die een of ander manier van die esdoringblaarmotief gebruik deur die Kanadese vlag in die skildhoek te hê of deur esdoringblare in die ontwerp te gebruik. Die Koninklike Unievlag is ook ’n amptelike vlag in Kanada en word gebruik as simbool van Kanada se lidmaatskap van die Britse Statebond, en die verbintenis tot die Kroon. Die Unievlag is steeds ’n element in ander Kanadese vlae waaronder die provinsiale vlae van Brits-Columbië, Manitoba en Ontario.

Simboliek Die esdoringblaar het sedert die 1700’s gedien as simbool ter viering van die natuur en omgewing van wat vandag as Kanada bekend is. Die hoeveelheid punte op die blaar het geen betekenis nie (dit stel dus nie die tien provinsies plus een punt vir die gebiede, soos die Australiese Gemenebesster, voor nie). Die hoeveelheid punte en rangskikking daarvan is gekies nadat toetse in ’n windtonnel aangedui het dat die huidige ontwerp die minste wasig vertoon van die ontwerpe wat getoets is. Die beeld van die esdoringblaar wat op die vlag gebruik word is ontwerp deur Jaques Saint-Cyr. In 1921 het koning George V die amptelike kleure van Kanada vasgestel as rooi (van die Kruis van Sint Joris) en wit (van die Franse koninklike embleem sedert koning Karel VII).

Ontwerp duimnael|links|Konstruksie-blad vir die ontwerp van die Kanadese vlag. Die hoogte van die vlag is twee maal die breedte daarvan. Die lengte van die Esdoringvlag is twee keer die wydte. Die wit baan staan bekend as ’n Kanadese Paal (’n vierkantige baan in ’n vertikale driebaanvlag en genoem na die vlag van Kanada) en die twee rooi bane is so groot soos die helfte van die wit baan. In die middel van die wit baan is ’n rooi esdoringblaar. In heraldiek is die vlag geblasoeneer as "rooi op ’n silwer Kanadese paal met ’n esdoringblaar." Die blasoenering is op 5 Maart 2005 by die Kanadese Heraldiese Owerheid geregistreer.

350px|senter|Konstruksietekening

Kleure duimnael|links|’n Wapperende Kanadese vlag. Die kleurskema word hieronder gelys:

30px|raam <span style="color:#FFFFFF;">Rooi <span style="color:#000000e;">Wit RGB 255/0/0 255/255/255 Heksadesimaal #FF0000 #FFFFFF Pantone Red 032 White CMYK 0, 100, 100, 0 0, 0, 0, 0

Geskiedenis duimnael|links|’n Vroeë voorbeeld van ’n Kanadese Rooi Vaandel in 1876 duimnael|Plasing van die Kanadese Kleure op Gen. James Wolfe se Monument in die Westminster-abdy deur Emily Warren in die Currie Hall by die Koninklike Militêre Kollege van Kanada duimnael|links|Plakkaat van die Konserwatiewe Party vir die 1891-verkiesings met John A. Macdonald en ’n Rooi Vaandel sonder wapen duimnael|’n Kanadese poskaart ter geleentheid van die kroning van Koning George V in 1911, wat die koninklike Unievlag (laer) en ’n weergawe van die Rooi Vaandel met ’n gekroonde saamgestelde skild van Kanada (nie goedgekeur deur die soewereine nie) in die vlieg duimnael|links|Die koninklike proklamasie van die nasionale vlag van Kanada in 1965 Die eerste bekende vlag wat in Kanada gewapper het die Kruis van Sint Joris wat John Cabot toe hy Newfoundland in 1497 bereik het. In 1534 het Jacques Cartier ’n kruis geplant in Gaspé met die Franse koninklike wapenskild met die fleur-de-lis. Sy skip het ’n rooi vlag met ’n wit kruis gehad wat op daardie tydstip die vlag van Frankryk was. Nieu-Frankryk het steeds die Franse militêre vlae van die periode gebruik.

Die Koninklike Unievlag is sedert die Britse nedersetting in Nova Scotia in 1621 in Kanada gebruik. Sedert die oorgawe van Frankryk aan die Verenigde Koninkryk in die vroeë 1760’s, is die Koninklike Unievlag, bekend as die Union Jack in die Verenigde Koninkryk gebruik as die de jure nasionale vlag, net soos in die Verenigde Koninkryk, tot met die aanvaarding van die huidige vlag in 1965.

Kort na die Kanadese Konfederasie in 1867 het die behoefte aan ’n unieke Kanadese vlag ontstaan. Die eerste Kanadese vlag was die Vlag van die Goewerneur-generaal van Kanada, ’n koninklike Unievlag met ’n skild in die middel waarop die wapenskild van Ontario, Quebec, Nova Scotia en Nieu-Brunswick in die vier kwarte was. Die skild was omring deur ’n krans van esdoringblare. In 1870 is begin om die Rooi Vaandel, met die toevoeging van die Kanadese saamgestelde skild op die wapperkant, nieamptelik op land en see te gebruik en dit het bekend gestaan as die Rooi Kanadese Vaandel. Soos nuwe provinsies by die Konfederasie gevoeg is, is die skild opgedateer. In 1892 het die Britse Admiraliteit die gebruik van die Rooi Vaandel vir gebruik deur Kanada op see goedgekeur. Die saamgestelde skild is in 1921, met die toekenning van ’n wapenskild aan Kanada, deur die nuwe wapenskild vervang en in 1924 het ’n algemene maatreël van bestuur dit goedgekeur vir gebruik van oorsese Kanadese geboue. In 1925 het William Lyon Mackenzie King, Eerste Minister van Kanada, ’n komitee opgestel om ’n vlag te ontwerp wat op Kanadese bodem gebruik kan word. Die komitee is egter ontbind voordat ’n finale verslag saamgestel kon word. Ten spyte van die mislukking van die komitee om die vraagstuk op te los, was die sentiment van die publiek in die 1920’s ten gunste van ’n oplossing vir die Kanadese vlagprobleem. (Archbold, 61)

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die Rooi Vaandel die vlag wat die Kanadese troepe op die slagveld gebruik het. Die Rooi Kanadese Vaandel is binne en buite Kanada gebruik as die Kanadese vlag. ’n Gesamentlike komitee van die Senaat en die Laerhuis is op 8 November 1945 aangestel om ’n nasionale vlag voor te stel wat amptelik aanvaar kon word. Teen 9 Mei 1946 is 2 695 voorstelle ingedien en die komitee het gerapporteer "dat die nasionale vlag van Kanada die Rooi Kanadese Vaandel moet wees met ’n esdoringblaar in herfskleure teen ’n wit agtergrond". Die Wetgewende Vergadering van Quebec het egter by die komitee gepleit om nie "buitelandse simbole" (insluitend die Koninklike Unievlag) in te sluit nie. Eerste Minister MacKenzie King het nie op die verslag gereageer nie en die Rooi Kanadese Vaandel het vir eers gebly.

Teen die 1960’s het die debat om ’n nuwe Kanadese vlag egter in so ’n mate toegeneem dat dit uitgeloop het in die Groot Vlagdebat van 1964. In 1963 het die Liberale minderheidsregering van Lester B. Pearson die mag verkry en besluit om ’n amptelike Kanadese vlag deur middel van parlementêre debat te kry. Die hoof politieke voorsteller van die verandering was Eerste Minister Pearson. Hy was ’n beduidende makelaar tydens die Suezkrisis van 1956, waarvoor hy die Nobelprys vir Vrede gekry het. Gedurende die krisis is Pearson onderbreek toe die Egiptiese regering beswaar gemaak het teen Kanadese vredesmagte op grond daarvan dat die Kanadese vlag (die Rooi Vaandel) dieselfde simbool (die Koninklike Unievlag) as die Verenigde Koninkryk, een van die oorlogvoerders, bevat het. Pearson se doel was vir die Kanadese vlag om kenmerkend en onderskeidend Kanadees te wees. Die hoofopponent teen die verandering van die vlag was die opposisieleier en voormalige Eerste Minister, John Diefenbaker, wat dit uiteindelik ’n private kruisvaart gemaak het.

Pearson was die leier van ’n minderheidsregering en het die risiko geloop om die mag te verloor a.g.v. die vlagkwessie; hy het egter geweet dat die Rooi Vaandel en die Unievlag nie gewild was in Quebec, waar die Liberale sterk steun geniet het, nie. Die Rooi Vaandel was die voorkeur van die meeste Engelssprekende Kanadese. Op 27 Mei 1964 het Pearson se regering ’n mosie by die parlement ingedien vir die aanvaarding van sy gunsteling ontwerp van ’n "see-tot-see" vlag met ’n blou rand en drie saamgesnoerde rooi esdoringblare op ’n wit agtergrond. Hierdie mosie was die oorsaak van weke se bitsige debat in die parlement en die ontwerp het bekend geword as die "Pearson-wimpel". Diefenbaker het ’n referendum oor die vlagvraagstuk geëis maar Pearson het in plaas van ’n referendum ’n veelparty parlementêre komitee van 15 lede saamgestel om ’n nuwe ontwerp te kies. Deur ’n periode van bestudering met politieke manoeuvrering het die komitee op die huidige ontwerp besluit wat deur George Stanley geskep is en geïnspireer is deur die vlag van die Koninklike Militêre Kollege van Kanada in Kingston, Ontario. Die ontwerp is op 29 Oktober 1964 eenparig deur die komitee goedgekeur en later deurgevoer deur ’n meerderheidstem in die Kanadese Laerhuis op 15 Desember 1964. Die Kanadese Senaat het twee dae later ook die ontwerp goedgekeur.

Koningin Elizabeth II het die nuwe vlag op 28 Januarie 1965 geproklameer. Die vlag is op 15 Februarie 1965 ingewy tydens ’n amptelike seremonie op die Parlementsheuwel in Ottawa in die teenwoordigheid van Goewerneur-generaal majoor-generaal Georges P. Vanier, die Eerste Minister, lede van die kabinet en Kanadese parlementariërs. Die Rooi Kanadese Vaandel en die skild van die koninklike wapen van Kanada is 12:00 gestryk en die nuwe Esdoringvlag is gehys. Die skare het die nasionale lied, "O Canada" gesing waarna die sing van "God Save the Queen" gevolg het. Maurice Bourget, Speaker van die Senaat, het gesê: "Die vlag is die simbool van die eenheid van die nasie omdat dit, bo enige twyfel, al die burgers van Kanada sonder onderskeid van ras, taal, oortuigings of opinie verteenwoordig." Vir die eeufeesvieringe van die nasie in 1967, het die Kanadese regering die Kanadese wapen (waarvan die skild op die Rooi Vaandel gepryk het) op ’n rooi vlag gebruik.

Ander vlae

Alternatiewe vlae duimnael|Die Kanadese vlag tussen die vlag van Frankryk (links) en die Rooi Kanadese Vaandel (regs) by die Kanadese Nasionale Vimy Gedenkteken