Natriumsulfaat is 'n sout van natrium en swawelsuur met die chemiese formule .

Kristalstrukture Van die watervrye sulfaat is agt strukture bekend. Die bekendste hiervan is die struktuur van die mineraal Thénardiet. Dit het 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die H1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.

Rasmussen et al. het die fasegedrag en die strukture van watervrye natriumsulfaat van 293-534K bestudeer:

FaseT(K)a (pm)b (pm)c (pm)D Mg/mRuimtegroepNommerI543539,357(13)934,294(22)724,651(22)2,58P6/mmcin ortorombiese beskrywing194II493530,991(22)946,928(38)714,36(29)2,63Pbnm (Pnma)62III463563,041(21)904,343(34)703,771(24)2,63Cmcm63V293585,820(6)1229,900(13)981,80(11)2,67Fddd70

Pbnm (fase II) is 'n subgroep van Cmcm (fase III) en dit is 'n subgroep van P6/mmc (fase I) en hulle eenheidselle is amper dieselfde. Hulle strukture is verwant. Maar die thénardietfase V, wat by kamertermperatuur stabiel is, het 'n struktuur wat nie verwant is nie.

duimnael|Oplosbaarheid van natriumsulfaat|left Natriumsulfaat het verskeie hidrate. Hierdie hidrate verklaar die merkwaardige verloop van die sout se oplosbaarheid met die temperatuur. Die bekendste is die dekahidraat word Glaubersout genoem. Dit het 'n smeltpunt van 32,4 °C. Die gesmelte sout het 'n neutrale pH (6-7,5). Glaubersout, of mirabiliet het 'n hoë latente smelthitte (80,83 [kJ/mol]) en 'n semltpunt van 32 °C wat dit 'n aantreklike kandidaat maak as 'n bergingsmateriaal vir termiese energie. Die smelttemperatuur en die smelthitte kan verander word deur bv. NaCl by te voeg. Die eutektiese mengsel het 'n hoër waarde van die smelthitte 108,87 [kJ/mol] en 'n laer smeltpunt 17,5°C.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings sulfaat