Die Afrikakrieketvereniging (Engels: Africa Cricket Association, afgekort “ACA”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Afrika. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies. Die konfederasie is in 1997 gestig en hulle hoofkantoor is in Benoni, Suid-Afrika, geleë. Die amptelike taal is Engels.
In Augustus 1997 is die Afrikakrieketvereniging in Harare, Zimbabwe, gestig deur Botswana, Kenia, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die Afrikakrieketvereniging organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Afrika T20I-beker vir nasionale seniorkrieketspanne vir mans, vroue en jeug. Dit organiseer ook die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.
Lidlande duimnael|links|400px|Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) in Afrika volgens status: Die Afrikakrieketvereniging het tans 22 lede:
Sien ook Konfederasie van Afrikasokker Rugby Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Krieket in Afrika Kategorie:Krieketbeheerliggaam Kategorie:Internasionale Krieketraad