Die Asiatiese Krieketraad (Engels: Asian Cricket Council, afgekort “ACC”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Asië. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 19 September 1983 in Nieu-Delhi, Indië, gestig en hulle hoofkantoor is in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, geleë. Die amptelike taal is Engels en Jay Shah dien tans as die president van die Asiatiese Krieketraad.
Die Asiatiese Krieketraad is op 19 September 1983 in Nieu-Delhi, Indië, gestig deur Bangladesj Indië, Maleisië, Pakistan, Singapoer en Sri Lanka. Later het onder andere Hongkong, die Verenigde Arabiese Emirate en Nepal aangesluit.
Die Asiatiese Krieketraad organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Asiatiese Beker vir nasionale seniorkrieketspanne vir mans, vroue en jeug. Dit organiseer ook die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.
Lidlande duimnael|links|400px|Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) in Asië volgens status: Die Asiatiese Krieketraad het tans 25 lede:
Sien ook AFC Asië Rugby
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Krieket in Asië Kategorie:Krieketbeheerliggaam Kategorie:Internasionale Krieketraad